Covid-19: Chihuahua daag met inkopielys by die winkel op

Foto: Antonio Muñoz/Facebook

Antonio Muñoz van Mexiko is tans in afsondering en het toe besluit om sy chihuahua in te span om Cheetos te gaan koop by die winkel.

Hy het ʼn briefie aan sy troeteldier se halsband vasgemaak: “Hello mnr. Winkelier. Verkoop asseblief Cheetos aan my hond – die oranje-tipe, nie die rooi-tipe nie, want dis te warm. ʼn $20-noot is aan haar halsband vasgemaak. WAARSKUWING: Sy sal byt as sy nie goed hanteer word nie. Van jou buurman.”

Hy het foto’s van sy chihuahua se suksesvolle inkopietog op sosiale media gedeel en gebruikers was verstom dat die hond dit reggekry het. “Sy het dit reggekry! Sy is so oulik!” skryf een. “My hond sou die Cheetos geëet het,” skryf ʼn ander. “Ek vertrou glad nie my hond só baie nie!” skryf nog ʼn persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fae Fubar ·

Ek sal die dierbare dingetjie met tjippies en al opvreet!

Racheltjie Debeer ·

Dierbaar. Die pak cheeto’s is net so groot soos die brakkie.

Amatambo ·

Laat my nou aan my skooljare terugdink vriend in Boksburg had ‘n (vermoedelik) Great Dane kombinasie met naam Rommel. Vriend se ma stuur Rommel saam met haar vriendin slaghuis toe; vriendin pak vleis in die mandjie en gee dit virRommel wat veronderstel is om op die bevel (in Duits) huis toe te gaan, maar die vrou kon nie die regte bevel onthou nie, en probeer ‘n hele paar weergawes – sonder sukses – hy bly net sit, totdat die slagter sê: “Maar hierdie hond praat mos net Duits…” Toe onthou vriendin die regte bevel: “Rommel gehe heim” (jammer as ek nie die regte spelling ken nie). En dis waar Rommel homself skaars maak en die vleis by sy baas se ma gaan aflewer…

Stof ·

Dikwels, is ‘n Canis meer lojaal as Homo Sappiens. Daar is nie die risiko dat dit soms omdraai en soos Papio Ursinus optree nie. ‘ ln Hond is waarlik jojaal.
My bede is dat elke leser wat bevoorreg in om een of meer honde in hulle lewe te hê, baie dankbaar daaroor is, en woef met groot liefde, respek en versorging, opreg waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.