Dalk die belaglikste naeltegniek ooit?

(skermgreep uit die video)

Vroue met ʼn besige skedule is deurgaans op soek na grimeertegnieke wat hulle bietjie tyd kan bespaar. Dis nie duidelik of dié bisarre naeltegniek gaan posvat nie.

Die Russiese skoonheidsalon Nail Sunny (met meer as 2 miljoen volgelinge op Instagram) staan bekend dat hy die jongste naelverftegnieke (en vreemde naelkuns) op sosiale media deel. In dié ontwerp word die punt van elke vinger omskep in ʼn miniatuur-lipstiffie.

Die Moskouse skoonheidskenners het ook ʼn tweede manikuur gelaai waar miniatuur-borseltjies aan die punte van die naels vasgemaak word.

Die idee agter dié naeltegnieke is dat jy jou grimering kan opkikker sonder om ʼn sak vol produkte saam met jou te dra.

Die video verduidelik stap-vir-stap hoe om jou nael in ʼn lipstiffie te verander: dit begin met swart naellak en goue puntjies. ʼn Lipstiffie word dan in vierkantige blokkies gesny en met gom aan die model se naels vasgeplak. Die model demonstreer dan hoe sy lipstiffie sommer direk met haar nael kan aanwend.

Instagram-gebruikers het vinnig reageer op die lipstiffie-video en meeste het bevraagteken hoe die model aan enigiets anders gaan vat. “Sy gaan soos ʼn hanswors lyk as sy wakker word – lipstiffie oral!” Ander het bevraagteken hoe higiënies só iets sou wees. “Alles goed en wel totdat sy badkamer toe moet gaan…” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michelle ·

haha staan net vroeer op in die oggend of sit minder grimering op. Dus nou belaglik sal ek se, want hoe doen n vrou dan al haar werk in die huis, doen al hul take wat n vrou het om te doen. Dus tien teen een vir vroue wat mense het wat als vir hulle te doen. Sal beslis nie vir my werk nie dankie.

Snowball ·

Gee nuwe betekenis aan die woord ‘naelskraap’! Voorwaar die simpelste idee wat ek nog dié jaar gelees het, om nie te praat van onprakties nie. Wat is volgende? Kunstande met ingeboude tandeborsels?

Nika ·

lyk meer vir my of dit langer vat, tyd besparing se agtersteuwels.

Phillip ·

En orals waar sy gaan en aan goed vat ‘verf’ sy die dorp rooi…

Andrea ·

Hmmm…ek hou nogal van die lipstiffie-idee. Maar dan moet dit verseker n doppie ophê, wat beteken jy moet hom afhaal en weer opsit … Dan kan ek net sowel gou my lipstiffie wat in my laai lê gryp. Dink nie dit gaan vreeslik aanklank vind nie.

Ekke ·

Dit is net “art nails” of “showcase nails”. Nie vir regte gebruik nie.
Dit “showcase” die naeltegnikus se talent of tegniek.

ChrisE ·

O gits, dit gaan moeilikheid afgee. Die manne kan nou by die huis kom met lipstiffie strepe op die rûe, nie net op die krae nie. Njet Svetlana, dit was nie ‘n goeie idee nie.

Out of Africa ·

Dis nou werklik die simpelste idee wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Nael fungus sal die nonsens sommer gou uit sorteer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.