Dalk die domste diewe ooit?

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die groep rowers in die winkel

ʼn Groep rowers loop in ʼn winkel in. Die eienaar vra hulle om later terug te kom wanneer hy meer geld vir hulle sou hê…

Dit klink soos die begin van ʼn grap maar vir ʼn winkeleienaar in België was dit sy realiteit. Ses gewapende mans het Saterdagmiddag by ʼn winkel in Charleroi, wat e-sigarette verkoop, ingestap en geld geëis. Die eienaar, slegs bekend as Didier, het glo ʼn paar minute lank met hulle gesels en hulle oortuig om eerder aan die einde van die dag terug te keer, omdat hy dan meer geld in sy kasregister sou hê.

“Dis soos ʼn komedie,” het hy in ʼn onderhoud met die media gesê. “Hulle word die domste rowers in België genoem.”

Hulle het hom glo rondgestamp, maar hy het volgehou hy sou teen die einde van die dag minstens €2 000 of €3 000 vir hulle beskikbaar hê. Die groep het hom geglo en hulle het die winkel verlaat.

“Toe ek die polisie gebel het, het hulle nie gedink die rowers sou terugkeer nie.”

Teen 17:30, ʼn uur voor die winkel sou sluit, het Didier weer een van die rowers by die deur opgemerk en gesê dit is nog steeds nie die einde van die dag nie. Toe die mans om 18:30 vir ʼn derde keer terugkeer, het die polisie hulle ingewag.

Vyf mans, insluitend ʼn minderjarige, is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Celeste ·

Heinrich verkoontog…. nie almal is skerp nie maar ek waardeer jou sarkamse…lol….

Basjan ·

Gollie, dagga maak mens dom.

Oom, rook oom boom, oom? Nee jou klein twak, ek rook tabak!

Cindy ·

@Ekke – As hulle van SA af was sou die eienaar nou dood gewees het. Ons “diewe” sal jou dood maak vir R10. Ons diewe is nie dom nie, maar wreed

Andrew ·

Ek wonder of Suid Afrika ‘n amptelike afvaardiging het na België. Om ‘n driepunt plan uit te werk.

RN ·

Gollie, jy is nie veel skerper nie. Die dagga kommentaar was net sarkasme. As jy weet wat dit bedoel, want nêrens praat hulle van sarkasme nie.

Gollie ·

Julle het dit nie geweet nou waar kom dagga in lyk my jy’t lus vir dagga.

Gollie ·

Wat belangrik is,is dat daar geen sprake van dagga is in die berig.Seker maar waar daar’s geen medisyne vir …mense nie.

Rmzilla ·

Basjan… goeie vriend van my BREIN CHIRURG en hy rook dagga so nee dit maak jou nie dom nie!!!!!!!!

En nou? ·

Baie dankie, Rmzilla! As mense nie van iets weet nie, hoekom is hulle altyd die voorbok om dit negatief te maak?

Staak saam ·

Langdurige gebruik van dagga verander die brein se chemise samestelling.
Ek ken ook n ou wat dagga rook, dis al waarom sy dag draai, hy sukkel vreeslik om konsentrasie te hou en kan nie meer n normale gesprek voer nie.
Toe hy net klaar gemaak het met 10jaar terug toe was hy nie so nie en boonop n akedemiese presteerder.

Snip ·

Wragtig grap van die jaar. Ek lag nou te lekker. Soos die rower wat die ou tannie dreig en soek geld vir brood. Sy sê toe sy het nie kleingeld nie, sy sal gou by die bure gaan kry en hy staan en wag en daar word hy verras. LOL

Andrea ·

Die diewe in Belgie kry nie soveel oefening soos hier in SA nie! Miskien is dit ‘n nuwe manier vir SA om geld (buitelandse) in te win? Nooi die skelms oor vir opleiding teen ‘n groot bedrag euros, en siedaar teen volgende jaar gaan hul die winkeleienaar martel, sy kop voos slaan en hom sommer doodskiet net om seker te maak. Sy vrou, dogter en wolhaarbrakkie sal verkrag wees, en sy winkel in puin gele wees.

Anoniem ·

Jissie hoe dom wil jy wees. Moes hardop gewees het vir geld. En wie nou van dagga gepraat anyway?? Di berig gaan duidelik oor di geld wat hulle voor trug gekom het wat ni beskikbaar vroeer was ni. Seker ni matriek ni of nog ni by di drawing board in di tronk geleer ni

Katryntjie ·

Ja,anoniem. Hoé dom kan mens wees…?
Lees ASB. jou eie kommentaar weer dan besluit jy self.

komies ·

Julle spulletjie maak my dag. NA ek deur die huis alarm opgewek is en teen my grasgroen swembad met die stukkende “wear” moes vaskyk en ‘n papwiel gehad het op pad werk toe is hierdie ‘n aangename, vars briesie. Dankie almal. :-)

Andrew ·

Ek wonder of Suid Afrika ‘n amptelike afvaardiging het na België. Om ‘n driepunt plan uit te werk.

Breytenbach ·

Die rowers en party van die kommentators lyk of hulle “hoog” was. Haha almal te kostelik. Kom Suid Afrikaners lag bietjie vir ‘n slag sommer vir julleself ook.

Theresa ·

Wat dit nog meer verstommend DOM maak, is dat nie een van die groep eers ‘n gloeilampie van ‘n aard gewys het om teë te stribbel met die “kom later terug” voorstel nie. Ha ha ha ha ha.
En ditto, Andrea – verseker ‘n goeie vergelyking.

EH ·

Lekker lag ek nou vir die artikel en julle kommentaar. Hulle het seker ook in die tronk gesit en wonder – Jissie, hoe dom wil jy wees.

Net vir doeleindes van sekere kommentaar op hierdie artikel:

Die algemene aanvaarde definisie van humor dui op enigiets wat iemand sê of doen wat komiese, snaakse, absurde, teenstrydige of onvanpaste elemente bevat en wat geneig is om ander mense te laat lag of plesier verskaf. – Dink bietjie hieroor (sonder dagga)

Ek is mal oor hoe ons Suid-Afrikaners so vinnig met grappies kan reageer, mag ons nooit ons sin vir humor verloor nie. Ek voel opreg jammer vir die ouens wat uitmis hierop.

DS ·

Party maroela lesers se sin vir humor is party keer “te” hoog of moet ek eerder se skerp vir van die ander lesers. Lag man lag dis goeie medisyne. Selfs lekker gelag vir die humorlose kommentaar want ai dan sal die persoon nog aangaan en aangaan nadat hy “reggehelp” is. Humor is soos wiskunde party mense sal NOOIT algebra verstaan nie.

humor ·

Dis nie die rowers wat so dom is nie Daai man is n deurtrapte sakeman en het oortuigingsvermoe soos wat ek maar kan begeer. ,

humor ·

Ek dink ook nie ons rowers is inteligenter as hierdie nie. Die barbaarsheid domineer die vakuum in so n mate dat hul selfs moor vir n selfoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.