Dalk die grootste aartappel ter wêreld?

Colin en Donna Craig-Brown met “Doug” die aartappel (Foto via Potato News Today)

ʼn Egpaar van Nieu-Seeland wag om te hoor of ʼn yslike aartappel wat hulle in hul tuin gevind het, die grootste ter wêreld kan wees.

Colin en Donna Craig-Brown was doenig op hul kleinhoewe naby Hamilton toe hulle iets groot onder die grond raakgeskoffel het.

Die aartappel, wat intussen “Doug” gedoop is, het 7,9 kg geweeg – swaarder as toegelate handbagasie vir ʼn vliegtuig!

Die vorige Guinness-wêreldrekord vir die swaarste aartappel is in 2011 opgestel deur ʼn tuinier van Nottinghamshire. Sy aartappel het ʼn skamele 4,99 kg geweeg.

Die Craig-Browns hoop om binnekort van Guinness-wêreldrekords ʼn bevestiging te ontvang oor hul vonds.

Bron: Stuff.co.nz, IrishNews, Potato News Today

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Politikus

Heyto Potato

Windhond

Hy wil nie n Simba chippy wees nie

AW

Wonder nou, met watse “vitamin” daardie Aartapple gevoer was?

Ian

Kan ‘n paar chips uit daai een sny…

Oujongvrou

New Zeeland het die vrugbaarste grond wat ek al ooit gesien het. My mond het oopgehang toe ek daai plante sien. Blomme, bome, groente is oor die algemeen 3 keer groter as hier.