Hunter Anderson van Danville, Kentucky in die VSA het ʼn massiewe weergawe van, vermoedelik, ʼn ou troeteldier van die gesin in ʼn privaat dam gevang.
Anderson se sussie het ʼn foto van hom op Facebook gedeel met die goudvis wat meer as 9 kg geweeg het. “Dis my boetie! Hy het moontlik daardie goudvissie gevang wat ons weggespoel het toe ek nege jaar oud was!” het Cassie Anderson geskryf. “Dis nie ʼn gesteelde foto nie en ons het ook nie aan die foto gepeuter nie!”
Anderson, ʼn ywerige visserman, het aan WXIA gesê hy het net ʼn stukkie brood gehad vir aas, maar hy het tog sy lyn ingegooi. “Hierdie vis was anders. Dit was die moeilikste stryd wat ek nog ooit met ʼn vis gehad het. Hy wou net nie opgee nie. Ek is baie gelukkig om hom te kon vang! Ek het gejuig en op en af gespring, want ek het nog nooit só iets gesien nie.”
Hy weet nog nie of dit die grootste goudvis is wat ooit gevang is nie.
Anderson werk deeltyds by ʼn visvangwinkel en het as klein seuntjie by sy pa leer visvang.
Hy het seker gemaak die vis keer terug waar hy behoort – terug in die dammetjie.
Dis nou n visserman so na my hart vang hom neem n mooi foto en sit hom terug waar hy hoort.
Dit is die beste manier!
Wat ‘n pragtige goudvis!! Bly hy is teruggegooi in die dam.
Ek het in die middel 90’s vir ontspanning by die Hambergdam in Florida aan die Wesrand gehengel. Ook so ‘n Goudvis gevang maar hy het nie eers ‘n Kg geweeg nie. Foto geneem en teruggeplaas in die dam. Ongelukkig is my foto asook die negatiewe deur ‘n onbedagsame persoon sonder my toestemming uit my huis verwyder terwyl ek nie daar was nie.
Jou ex vrou?
en nou sal ons nooit weet hoe smaak dit nie!!!
Stripes ek het ook nogal gewonder
Ek is bly hy het die vis teruggegooi in die water.. Ek hou self van vis. Vis is lekker.. maar soms, wanneer iemand ‘n GROOT ou kabeljou of pylvis of wat-ookal vang… dan voel ek hartseer om te dink hoeveel dekades oud die dier moes wees en wat hy als beleef het.. Dis dan vir my half jammer dat so ‘n lewe beeindig moet word… Selfde met ou bome..
So hy het maar die vis gemartel vir sports.
Ag judge drommel, ‘n vis is koudbloedig en kry nie seer.
Nonsens enige dier met senuwestelsel voel pyn net soos jy. Of hy warmbloedig of koudbloedig is maak geen verskil nie want pun word dear die senustelsel gevoel nie deur die bloed nie.
cr. Het jy al ‘n vis gevra of dit waar is dat hulle nie seekry nie.
Ek het al n vis gevra, maar jy sal my nie glo nie! Hy het my nie geantwoord nie!
Nou hoe moet hy jou antwoord as hy jou nie verstaan nie?
Glorified karp… nes goue blesbbokke…
N vis en enige ander dier voel pyn nes n mens want sy senustelsel wat pyn registreer werk nes n mens sin.of hy warmbloedig of koudbloedig is maak nie saak nie.dis net n ou kroegstorie dat visse nie pyn kan voel nie vra vir enige veearts
Alle diere se senustelsels is soortgelyk aan die mens sin en hulle voel pyn nes jy