Dalk die lelikste troukoek ooit?

Die berugte troukoek (Foto: Reddit)

Sosialemediagebruikers lag vir ʼn troukoek wat volgens sommiges soos “gebrande en geskende beesvleis” lyk.

Die bruid se niggie het ʼn foto van die pasgetroudes se troukoek op Reddit gedeel en die kommentare was baie grafies oor wat mense van die troukoek gedink het – hoofsaaklik tipes siektes.

Die pasgetroudes word gespot oor hul “cattle brand”-tipe koek (soos wat mens beeste brandmerk).

Die niggie het verduidelik die paartjie wou ʼn troukoek hê wat by hul “country bumpkin”-troue sou pas. “Country bumpkin” verwys losweg na ʼn ongesofistikeerde persoon wat in ʼn afgeleë gebied woon. Ná lang oorweging het hulle uiteindelik op die brandmerk-ontwerp besluit. Maar toe die bruid die koek vir die eerste keer sien, was sy baie teleurgesteld.

“Dit lyk soos iets wat siek is,” het een gebruiker geskryf.

Die niggie reken dit is waarskynlik moeilik om enige koek goed te laat lyk met die betrokke tema. Die ligbruin tweelaagkoek is met blomme en sampioene versier. Die paartjie se voorletters, C+C, is op die kant geskryf soos wat boere hul beeste sou brandmerk.

ʼn Paar mense het gedink dit moes dalk soos ʼn boomstomp lyk, maar die niggie het laat weet: “Dit was hul country bumpkin-troue en hulle het regtig vir die koekversierder gesê dit moet soos ʼn brandmerk lyk. Ek wens amper dit was ʼn boomstomp, haha, nie dat dit mooier sou wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Petrus Johannes ·

Hy kan nog gaan my dogter se skoonma het vir haar n pikgatswart trou koek gebak mense wat n vieslike ding .Gelukkig is hul uitmekaar

CS ·

Die koek is vêr van lelik af. Ek al troukoeke gesien wat wat baaaie leliker is.

Nadia ·

Peroonlik dink ek nie dit is die lelikste nie… Die pou een wen nogsteeds in my boeke ????

Annelize ·

Gegewe die tema van die troue, is die koek nog half verstaanbaar en nie so onooglik nie. Wat my egter pla, is daardie sampioene teen die koek, wel, ek hoop van harte dit is sampioene wat ek sien….

Belinda ·

Aarde met my beperkte versier vermoee sou ek iets beter kon opdis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.