Dalk die oudste ma ooit?

Yaramati Sitarama Rajarao en Mangayamma Yaramati (Foto: ANI via ANA)

ʼn 74-jarige vrou van Andhra Pradesh in Indië het Donderdag in ʼn privaat hospitaal in Guntur geboorte geskenk aan ʼn tweeling.

Mangayamma en haar man, Yaramati Sitarama Rajarao (82), is 57 jaar gelede getroud. Hulle het van in vitro-bevrugting (IVB) gebruik gemaak om swanger te word. Die babas is met ʼn keisersnee gebore.

Mangayamma kon nie uit haar eie swanger word nie en sy sê dit is ʼn las wat sy haar lewe lank nog dra. “Mense het met beskuldigende oë na my gekyk asof ek sondig is,” het sy aan Times of India gesê. “Bure het my ‘godralu’ [ʼn vloekwoord vir ʼn onvrugbare vrou] genoem. My man het my egter ondersteun; hy was my rots.”

Rajarao sê hulle is vandag die gelukkigste paartjie in die wêreld. “Ons het ons eie kinders!” Hy is vol vertroue dat hulle die kinders sal kan grootmaak.

Die paartjie het tot ʼn jaar gelede byna moed opgegee, totdat hulle met ʼn IVB-kenner, dr. Sanakkayala Umasankar in Guntur kontak gemaak het. Hy het ʼn mediese raad van kardioloë, ginekoloë en pediaters gekontak voor hy op behandeling besluit het. “Weens vertroulikheidsredes kan ons nie sekere besonderhede oor die pasiënt bekend maak nie. Ons het egter al die reëls gevolg,” het hy aan Times of India gesê.

Mangayamma is in Januarie in die hospitaal opgeneem en sy was deurgaans onder waarneming.

“Dit gaan goed met ma en babas. Tien dokters het nege maande lank gewerk om haar gesondheid dop te hou. Dit is ʼn mediese wonderwerk,” het Umasankar bygevoeg.

Rajarao het intussen ‘n beroerte gehad. Hy ontvang behandeling in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Ek is baie bly vir hulle en als, maar ek kan nie help om te wonder wie het hulle die pleegouers gemaak .

ZeeBee

Ja , dit het eerste by my ook opgekom….. Wie gaan die arme kinders groot maak?

blouapie

Dit is hopeloos te oud om nog kinders in die wereld te bring! Hoe dink hulle wie moet die 2ling grootmaak? Hulle verwag seker om 180 jaar oud te word.

kolla

Ek neem aan ‘n ander vrou se eierselle is bevrug?

Corrie

Belaglik. Hulle is nou die gelukkigste paartjie maar wie gaan die kinders grootmaak