Dalk die oudste ma ooit?

Yaramati Sitarama Rajarao en Mangayamma Yaramati (Foto: ANI via ANA)

ʼn 74-jarige vrou van Andhra Pradesh in Indië het Donderdag in ʼn privaat hospitaal in Guntur geboorte geskenk aan ʼn tweeling.

Mangayamma en haar man, Yaramati Sitarama Rajarao (82), is 57 jaar gelede getroud. Hulle het van in vitro-bevrugting (IVB) gebruik gemaak om swanger te word. Die babas is met ʼn keisersnee gebore.

Mangayamma kon nie uit haar eie swanger word nie en sy sê dit is ʼn las wat sy haar lewe lank nog dra. “Mense het met beskuldigende oë na my gekyk asof ek sondig is,” het sy aan Times of India gesê. “Bure het my ‘godralu’ [ʼn vloekwoord vir ʼn onvrugbare vrou] genoem. My man het my egter ondersteun; hy was my rots.”

Rajarao sê hulle is vandag die gelukkigste paartjie in die wêreld. “Ons het ons eie kinders!” Hy is vol vertroue dat hulle die kinders sal kan grootmaak.

Die paartjie het tot ʼn jaar gelede byna moed opgegee, totdat hulle met ʼn IVB-kenner, dr. Sanakkayala Umasankar in Guntur kontak gemaak het. Hy het ʼn mediese raad van kardioloë, ginekoloë en pediaters gekontak voor hy op behandeling besluit het. “Weens vertroulikheidsredes kan ons nie sekere besonderhede oor die pasiënt bekend maak nie. Ons het egter al die reëls gevolg,” het hy aan Times of India gesê.

Mangayamma is in Januarie in die hospitaal opgeneem en sy was deurgaans onder waarneming.

“Dit gaan goed met ma en babas. Tien dokters het nege maande lank gewerk om haar gesondheid dop te hou. Dit is ʼn mediese wonderwerk,” het Umasankar bygevoeg.

Rajarao het intussen ‘n beroerte gehad. Hy ontvang behandeling in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anoniem ·

Ek is baie bly vir hulle en als, maar ek kan nie help om te wonder wie het hulle die pleegouers gemaak .

ZeeBee ·

Ja , dit het eerste by my ook opgekom….. Wie gaan die arme kinders groot maak?

blouapie ·

Dit is hopeloos te oud om nog kinders in die wereld te bring! Hoe dink hulle wie moet die 2ling grootmaak? Hulle verwag seker om 180 jaar oud te word.

Corrie ·

Belaglik. Hulle is nou die gelukkigste paartjie maar wie gaan die kinders grootmaak

HC ·

Soos Abraham en Sara baie oud was, het hulle eers ‘n seuntjie, Isak ontvang. (Soos uit die Bybel)

Lappies Maleoskop ·

As so iets my sou oorkom op daardie ouderdom, sou ek ook `n beroerte gekry het.

RS ·

Sarah was 90 or 91 when Isaac was born, and she died at the age of 127.

Liesl ·

Pure oorlamsgeit na mening. Hul kon allakal ‘n kindtjie aangeneem het wat na ouers gesmag het.

se net ·

Ek hoop net daar is naby familie wat die kindertjies sal oorneem as die ouers doodgaan. En noggals 2. Tannie dit is harde werk dai.

Patat ·

En nou het die pa n beroerte gehad… wie gaan nou die tweeling en moeder versorg en geld inbring!! Ai die mensdom!!

Anje ·

Grootmense is darem maar verskriklike selfsugtige wesens….

PappaEngel ·

Eerstens: die dokter het ń geleentheid gesien om bernoemd te word.
Tweedens: groot oomblik vir Indië. Oudste ma en ń maanlanding in 1 week.. well done

Wens ook ·

Hoekom altyd ander mense vir hulle besluite kritiseer as jy nie volledige inligting het nie.
Ek is 56 en het nie kinders nie maar wens ek kon kinders hê. Ek is finansieel in staat om na hulle om te sien en sal voorsiening vir hulle maak. Die keuse berus op my alleen en nie op ander nie!

Kinderloos ·

Ek stem 100% saam. Is ook in my 50’s, finansieel goed daaraan toe en dit is vir my soos ‘n vloek wat ek daagliks mee lewe.

Hubris ·

‘n Kind is ‘n verantwoordelikheid vir ‘n ouer totdat daardie kind selfstandig is. Wanneer jy so oud is dat jy waarskynlik nie langer as 10 jaar jou ouerlike plig kan uitoefen nie en uit selfsug steeds besluit om ‘n kind op so ‘n hoë ouderdom te hê, is jy onverantwoordelik en behoort die blote wil om so iets te dryf as bewys te dien dat jy nie rasioneel en nog genoeg by jou sinne is om ‘n kind groot te maak nie.
Die dokters wat hierdie proses akkommodeer het, is net so irrasioneel en onverantwoordelik. ‘n Mens verstaan hulp aan jong mense wat ouerskap begeer, maar hierdie is waansinnig om die minste te sê.

RS ·

Belaglik! More sterf sy. Wie maak dan daardie kleintjies groot?

Stof ·

Blouapie, het jy vergeet van Abraham en Sarah?
Die stowwerige hart is altyd dankbaar wanneer enige medemens se ideale waarword. Veral, as dit vir so lank gekoester is.
Seënwense, Stof.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.