De Kooning-skildery haal rekordbedrag op veiling

Ongetiteld XXV deur Willem de Kooning (AP Foto/Richard Drew/African News Agency)

Ongetiteld XXV deur Willem de Kooning (AP Foto/Richard Drew/African News Agency)

ʼn Skildery van die Nederlands-Amerikaanse kunstenaar Willem de Kooning, bekend vir sy abstrakte ekspressionistiese werke, is Dinsdag vir ʼn rekordbedrag op ʼn veiling in New York verkoop.

Dié skildery, Ongetiteld XXV, hou nou die rekord vir die duurste skildery van dié kunstenaar nadat dit vir $66,3 miljoen (ongeveer R940 miljoen) op ʼn veiling van die afslaer Christie’s verkoop is. Die vorige rekord vir ʼn De Kooning-skildery was $32 miljoen (ongeveer R455 miljoen).

Ongetiteld XXV is in 2006 deur ʼn Europese versamelaar vir $27,1 (ongeveer R384 miljoen) gekoop en is Dinsdag deur dieselfde eienaar verkoop.

Die skildery is deel van De Kooning se beste werke uit die 1970’s.

De Kooning is in 1904 in Nederland gebore, maar het vroeg in sy lewe, in 1927, na New York verhuis. Hy is dood in 1997.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.