Debat toe vrou met haar spens wil spog

Candice Zappel se netjiese spens (Foto: Candice Zappel/Facebook)

ʼn Vrou het onlangs foto’s van haar netjiese spens op sosiale media gedeel, maar per ongeluk ʼn debat oor een produk ontketen.

In Candice Zappel, van Australië, se groot spens is daar verskillende graansoorte, blikkieskos, glasbottels, speserye, souse – en eiers.

Dis die eiers in die spens wat sosialemediagebruikers op hol het. Sommige wou weet waarom sy dit in die spens hou en nie in die yskas nie.

“Ek organiseer my spens,” het Candice by die foto geskryf. “Dit het my sewe jaar gevat om tot op hierdie punt te kom. Ek het erns gemaak met gesond-eet en het stadigaan geleer hoe om alles self te maak. Ons eet nooit uit nie en ons koop nie enige middagetes nie. Al hierdie bestanddele word dus uiteindelik gebruik.”

Talle vriende en volgelinge het haar geloof oor hoe mooi netjies die spens is, maar ander was nie so beïndruk nie. “Al wat jy nou nodig het, is om die eiers in die yskas te plaas en bietjie Tupperware aan te skaf,” het een vrou gesê.

“Eiers in die spens?! Dis NIE reg nie,” het ʼn ander ontstoke reageer.

ʼn Hoenderboer het egter ook sy mening gelug: “Vars eiers kan vir vier weke op ʼn rak gehou word en ses weke in die yskas. Hulle is baie stabiel solank dit nie in ʼn warm plek of in direkte sonlig gestoor word nie.”

Volgens die webwerf EggInfo.co.uk is dit heeltemal in orde om eiers in jou koskas of spens te hou – solank as wat dit nie te warm word nie.

“Vir optimum gehalte en veiligheid, moet jy eiers teen koeler as 20°C stoor. Moet dit ook nie gereeld tussen baie koue temperature of warm temperature skuif soos ʼn warm motor en yskas, of yskas en warm kombuis nie.”

Volgens die webwerf is dit die beste om eiers in die yskas te hou, waar die temperatuur stabiel is en jou eiers vars kan bly.

Waar stoor jy eiers – in die yskas of die spens?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Gelukkig eet my gesin nie eiers nie, so die enigste keer wat ek wel eiers koop is wanneer daar koek gebak word, en dan koop ek ook nie die hoeveelheid wat nodig is.

Phillip ·

Debeer jammer om jou babbel tebars maar eiers kom in amper al die kos voor dan eet julle maar min goed

Net ek ·

Sjoe Phillip, ek maak daagliks kos vir my gesin en kan nie onthou wanneer laas ek eiers gebruik het nie. Ek koop ook net as dit nodig is om iets te bak soos koek.
Ons eet elke dag ‘n gekookte ete en beslis is daar nie eiers by nie. Mac en kaas sonder die eier mengsel ding is my kind se gunsteling so hoekom sal ek eiers koop as ek dit nie gebruik nie?? Ontbyt bevat ook nie eiers nie, want muesli en yogurt is voldoende.

PoppieK ·

Myne is in ‘n eier mantjie in my kombuis, nie in yskas nie en is uit direkte sonlig

VaalDonkie ·

Ons eet 36 eiers in ‘n week op tussen drie mense. Want hulle is goedkoop bronne van goeie proteine. Ons sit hulle sommer so in ‘n mandjie op die kombuistafel want hulle is lankal opgeeet voordat spens vs yskas vir ons ‘n probleem sou wees.

Janice ·

Ek hou my eiers onder in die kas in ‘n donkerige hoekie en dit hy baie langer as 4 weke vars

Lorette ·

In my kombuis hoek kas, kry glad nie son nie en die kas bly heel jaar koel.

Sandra ·

In die yskas. Maar hulle word so vinnig gebruik, dat hulle netsowel in die kas gesit kan word. Ek verstom my oor mense. Hulle het die foto so bestudeer om alles op die rak te sien. Ek moes letterlik inzoom om hulle te sien. Miskien is dit my oe. Ek sien dit is nou mode om mens se kombuis goed, seker nou nie kos nie, maar bakke en borde ens op oop rakke te vertoon. So hoekom nie jou kos as dit so netjies gepak is.

Oom ·

Die swart sakkie in die middel van die derde rak van bo lyk vir my soos renosterhoringpoeier.

Sewe jaar van ‘n ongeorganiseerde koskas, skrikwekkend!

Waar jy jou eiers pak, maak nie regtig saak nie. as ek die “kenners” se reaksie lees.

Hoekom al die blikkies as jy na ‘n gesonder leefstyl streef. Is vars dan nie beter nie? Al die goed wat by geblikte produkte gegooi word dra tog nie tot ‘n gesonder leefstyl by nie.

AmY ·

My eiers is bo op die yskas. Nooit in die yskas nie. Dit het nog nooit sleg geword nie.
En by Checkers of enige ander winkel is dit ook nie in die yskas nie.
Wens mý spens kon so netjies lyk.

annie ·

Dis nie die eiers wat pla nie maar al daai saai metaalsmaak-blikkieskos. Dit is eintlik maar uiteet; kos in massas saam geklits en in groot metaalpotte gekook tot dit blou is en dan in blikkies toegesluit vir ewig. En dit proe net so inspirerend soos ‘n lui kok se slip-slap disse.

donsie ·

Hoe dink die mense wat het die voortrekkers met hulle eiers gemaak? ‘n coleman agter op die ossewa?

Oom ·

Van onder die hoender direk in die pan. Het egter nog nooit ‘n skildery/tekening van die Voortrekkerlewe gesien waarin hoenders was nie. Moontlik het die hoenders eers later gekom.

Carl ·

As eiers in ‘n yskas gehou moes word, sou alle supermarkte dit mos in ‘n yskas gehou het. Eiers hou nooit lank genoeg in ons huis om oud te word nie. Ons hou dit wel in die yskas omdat ons nie ander plek daarvoor het nie. Ons kaste is te klein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.