Denims: Dís waarvoor die klein sakkie gemaak is!

Denimsakkie (Argieffoto)

Denimsakkie (Argieffoto)

Het jy al ooit gewonder waarom daar ʼn piepklein sakkie op ʼn denimbroek is en waarvoor jy dit kan gebruik?

Denims het vyf sakke: twee voor, twee agter en ʼn piepkleintjie, in die regterkantste sak voor. Dit is egter te klein vir munte of sleutels en die kans is skraal dat jy al ooit dié sakkie vir die regte rede gebruik het.

Die maatskappy Levi Strauss, wat beskou word as die vader van denimbroeke, het op sy webwerf die verklaring gepubliseer: “In die 1800’s, toe denims gemaak is as sterk werkbroeke vir cowboys, het mense ʼn sakhorlosie gedra. Omdat die horlosies baie vinnig in die groot sak gebreek het, is die kleiner sakkie spesiaal hiervoor ontwerp.

Argieffoto

Argieffoto

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Henri ·

Baie jare gelede (middel /70’s) het ek ‘n Denim winkel begin navorsing gedoen oor die ontstaan van Denim. Dit was voor die gerief van die Internet, al wat beskikbaar was was ensiklopediee, tydskrifte, ens. Daarvolgens het ek verstaan dat ‘n wynboer van Frankryk na ‘n plaaslike kleremaker (dit mag Straus gewees het) gegaan het en hom versoek het om sterk werk-broeke vir sy werkers te maak. Die eerste broeke was uit Spoorweg-seile gemaak en die sakkie was vir ‘n spesifieke tipe knipmes wat gebruik was vir die oes van die trosse druiwe. Net vir die interresantheid, Informasie toe (uit boeke) en nou (www)

Blinde Sjambok ·

Oorspronklike Levi Strauss was van ‘hemp’ gemaak …dagga!

chris ·

Ag dankie ,ek het nou so lekker gelag, dog dit id net my salaris wat daar inpas,geseende week

M@rina ·

Na my salaris daarin gesit is; is daar nog spasie vir die sak horlosie.

Marcia ·

Interessante feite rondom die kleinste sakkie in die hele wèreld.. Geniet die feite…..

Reinhardt ·

Ek gebruik dit weer vir my kitaar se pick. Pas perferk.

Phillip ·

Op varsity was dit `n ” one-night-stand ” sakkie. `n Kondoom pas ook mooi daarin.

Hettie ·

Wow denim verdwyn nooit nie en baie mense gebruik denim! Dis baie interessant oor ou dae wat hulle klein sak gebruik het!

Barry du Plessis ·

ek dra my mes vir selfverdediging daarin. dit pas perfek en is nie baie opmerklik nie. ek dra denims feitlik elke dag van my lewe tuis, na die werk en dan ook ”smart casual” met ‘n bypassende hemp geskik vir die geleentheid. Tekkies of boots ook vir geleentheid. en die klein sakkie net vir my mes.

EMK ·

Die naam Denim kom van de Nimes (van Nimes) – Nimes is ‘n plek in Frankryk en denim kom van daardie area oorspronklik as ek die storie reg het, en ja, was gemaak as goedkoop, maar sterk werkersklere… En kyk hoe lyk denim se kleinkinders nou: geskeurd op die knieë, styf om die boude o fhangboude, gekleurd, wyepyp en smal pypies en ge-“stonewash” en ge-wat-nie-alles! Oupa denim draai in sy graf om!

Jaco Venter ·

Daardie sakkie is perfek vir my kleingeld, my beursie is gewoonlik in die groot sak links voor en regs voor in die groot sak is my foon, ‘n phablet (ten minste 5.5″ groot).

Ana ·

Die berig en kommentaar het nou my dag gemaak…eg SuidAfrikaans ñ geskerts en gegrap! Groot pret! Ek is ñ fotograaf en dis darm genoeg spasie vir ñ in-case-of-emergency memory kaart en ñ lip ice…handig!

sarie van heerden ·

Hierdie was nou baie interessante gegewens en ons sal meer soortgelyks wou lees.

Ester ·

Julle het my dag gemaak, ons lesers het so ñ goeie sin vir humor!! Heerlike naweek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.