Die agtjarige wat om die wêreld wou reis

Foto: Rusland se ministerie van binnelandse sake

ʼn Agtjarige van Astrakhanka in Rusland het groot drome: om om die wêreld te reis.

Die seun se ma het op 1 April by owerhede aangeklop om haar seun as vermis aan te meld, berig die Russiese ministerie van binnelandse sake.

“Sy het gesê sy is die oggend weg om haar jongste dogter kleuterskool toe te neem, en toe sy terugkom, was daar net ʼn briefie van haar agtjarige seun om te sê hy het ʼn reis om die wêreld onderneem.”

Verskeie soekspanne het na die graad 2-leerling begin soek en hy is ʼn paar uur later opgespoor.

ʼn Polisiebeampte het die seuntjie op ʼn brug oor ʼn rivier opgemerk. “Hy het aan die beampte gesê hy is besig met sy reis, maar hy voel al klaar moeg en moet bietjie rus.”

Volgens die departement het die seun ʼn boek gelees wat hom geïnspireer het om die reis te onderneem. “Hy het ʼn paar ensiklopedieë, speelgoed, geld uit sy spaarvarkie en ʼn piesang ingepak en die huis verlaat. Hy het met drie busse gery en daarna verder gestap totdat die polisiebeampte hom opgemerk het.”

Beamptes het die seun veilig terugbesorg by sy ouerhuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VanAfrika ·

AG moeder hy droom klaar groot, ek glo dit gaan waar kom vir hom.

Annette ·

Ag siestog, is dit nou nie te dierbaar nie! Hoop sy drome word eendag waar.

Susan ·

Tog te oulik !!! Hier in SA kan jy as 8 jarige nie eers durf om die dorp voetlangs deur te reis sonder om aangeval te word nie….

Annamarie ·

Klein droom hy al om die werekd te gaan.So sal sy drome ook waar kom.
Dankie vir die polieman wat hom raak gesien het.
Sy mamma moes seker vreesbevange gewees hwt om op die briefie afte kom.

Lina Smit ·

Ag sweet man! Kan julle julle indink hoe fantasties sy lewenspad gaan wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.