Die All Blacks se vakleerlingprogram

Verlede jaar was dit Jordie Barrett en Ardie Savea se beurt … vanjaar gaan die jong haker van Wellington, Asafo Aumua, na alle waarskynlikheid die kans kry om aan die einde van die jaar saam met die All Blacks te toer.

Nie as ʼn volwaardige speler nie, maar as vakleerling om hom te slyp,  om die waardes en tradisies van All Black-rugby te leer, en om van jongs af vertroud te raak met die spelpatroon wat die Kiwi’s so suksesvol maak.

Onthou u nog Donald Trump se televisieprogram The Apprentice?

Die deelnemers is geweeg en meestal onbevoeg gevind. Een het gewoonlik uitgestaan en is dan ʼn pos in een van die Amerikaanse president se maatskappye aangebied.

Gaan die 20-jarige Aumua dit maak?

Aumua is ʼn Akker van der Merwe in die kleine. Atleties, woelig, baie stewig en krag in sy bene, net 1,77 m lank, maar hy weeg 108 kg.

Sy talente is reeds op 14-jarige ouderdom deur Chris Boyd, die afrigter van die Hurricanes, raakgesien toe hy op St Pats Silverstream College op skool was.

“Hy is ʼn wonderlike atleet, beskeie en baie intelligent. Hy besit al die nodige vaardighede om die hoogste sport te bereik. Ardie was ook so, asook Ma’a Nonu,” het Boyd vandeesweek aan stuff.co.nz gesê.

Dit wys jou net, daar is ʼn opvolgplan. Daar word nou reeds planne gemaak om ʼn opvolger vir Dane Coles te vind wanneer sy loopbaan tot ʼn einde kom. Ja, Codie Taylor het teen die Britse en Ierse Leeus ingestaan, en Nathan Harris is ook in die All Black-groep. Maar is hulle die regte antwoord?

♦  Kom ons tref ʼn vergelyking tussen die All Blacks, Wallabies en Bokke.

Die Wallaby-haker en gewese kaptein, Stephen Moore, het ʼn rukkie gelede aangekondig dat hy aan die einde van die jaar uit internasionale rugby tree, net soos Adriaan Strauss voor die vorige toer na Europa.

Moore kan boonop nie aanstaande Saterdag teen die Bokke in Perth speel nie, omdat daar vaderskapverlof aan hom toegestaan is om sy vrou met die geboorte van hul derde kind by te staan.

Sy swanesang sal aan die einde van die jaar wees wanneer die Wallabies ook na Brittanje toer.

Geen afrigter sal sy jare lange staatmaker net so pos en op die rak plaas nie, maar wat van ʼn opvolgplan?

In die Bokke se geval het Malcom Marx met baie groot welslae uit Strauss se skaduwee beweeg, maar sê nou maar Strauss het nog ʼn paar jaar langer aangehou?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Feit! ·

Iets wat die amokrokko bokko lank nie meer het nie ,kultuur , tradisie! Daar is geen trots…
Dink die amo krokko kabouters hul staan n kans teen die Kiwis???? Hehe regtig??? Nie meer nie anyway!!!lank nie meer nie!!
Daai oud groen trui word vrylik sonder verdienste uitgedeel , die coach is dan selfs nie eens daar op meriete nie man hehe!!!,Mooi ek dink daai rooi ou trui is meer gepas vir die nuwe eff amakrokko bokke so haal net die Oud SPRINGBOK ok af handig n rooi berret oor vir elke speler en dan kan ek sommer my gewete laat rus… Sit n sekel en n ak 47 op in plaas van die eens trotse waardige op meriete gekiesde Springbok embleem…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.