Dié alligator klouter sommer oor die heining

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn alligator in Fort Myers, in die Amerikaanse deelstaat Florida, wat ʼn draadheining met lemmetjiesdraad bo-op uitklim, het wyd reaksie op sosiale media uitgelok.

Eric Gilbert het dié video van die byna twee en ʼn half meter-lange alligator gedeel, waar hy teen die heining by die Hideaway-buiteklub uitgeklim het.

Gilbert het aan Wink-TV vertel dié alligator staan bekend as Tom en kuier gereeld saam met besoekers vanweë sy ‘vriendelike’ aard.

Hy het ook gesê dié video verduidelik hoe Tom dikwels by snaakse plekke in en uitkom.

“Hy het sommige van die pale bietjie gewikkel met die opklim, maar eindelik ook oor die lemmetjiesdraad gekom. Alligators het natuurlik ʼn taai vel,” het hy vertel.

Jeff Wilson, een van die bestuurders van die buiteklub, het gesê hulle wil ʼn alligator-bestande heining oprig nadat hulle die video gesien het.

Bron: UPI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karma ·

Ag, jinne, dit is geen prestasie om oor daardie ou heininkie – laag op die grond, pap stokkie-paaltjies en pap-gespande draad. ‘n Tweejarige kind kan daaroor kom.

VJG ·

Karma ek moet met jou saam stem. Dis geen lemmetjies draad wat die krok klim nie! Dis “gewonde” gespande draad. Die krok vermy wel die dubbel enkel span lemmetjies draad om onder dit te bly want die “gewone draad” buig onder krok se gewig!

marianne ·

Waar daar ‘n wil is – is daar ‘n weg…..
Die krokkie wou op ‘n uitstappie gaan! Dis verveling om te lank op een plek te wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.