Dié ‘bedelaar’ laat Rosestad se motoriste twee keer kyk

Ammiël Smith is hard op soek na sy trouvrou

Ammiël Smith is hard op soek na sy trouvrou. Foto: Sunel Roos

Ammiël Smith (23) het besluit om sy trouvrou op straat te gaan soek deur met ‘n kartonbordjie by ʼn verkeerslig in Bloemfontein te gaan staan.

Smith se bordjie lees: “Opsoek (sic) na my trouvrou (geen ou tannies of kansvatters).” ʼn Foto van Smith met die bordjie is op Facebook gelaai en is reeds meer as 500 keer gedeel deur ander mense.

Smith, oorspronklik van Upington, het verlede jaar na Bloemfontein verhuis. Volgens hom is dit nogal ʼn uitdaging om in dié groot stad iemand te ontmoet. “Upington is ʼn klein dorpie so jy hoef nie vêr te gaan vir ʼn vrytjie nie,” het Smith aan Maroela Media gesê. Al is hy nog jonk meen Smith dis nou tyd om ernstig te raak in sy soektog na ʼn lewensmaat.

Hy beskryf sy ideale vrou as ʼn “plain Jane” wat spontaan is, met ʼn sin vir humor en ʼn atletiese liggaamsbou. “Gewig is vir my belangrik, sy moet mooi na haarself kyk,” het hy bygevoeg.

Smith het ook al heelwat reaksie gekry. “’n Paar tannies het vir my boodskappe gestuur en gevra of dit ʼn probleem gaan wees as hulle bietjie mollig is.”

Smith sê die volgende stap is om deur al die versoeke en boodskappe te werk waarna hy ʼn lys van die vyf “top-kandidate” sal opstel. “As sy in ʼn ander dorp bly, sal ek weer by die verkeerslig gaan staan om petrolgeld in te samel om vir haar te gaan kuier,” het hy gesê.

Volgens Smith was daar ook bietjie negatiewe reaksie op sy lys van vereistes, maar hy sê hy sal wag  tot die regte persoon oor sy pad kom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nuus_Leser ·

As Mnr. (ek soek my trouvrou) die boodskap lees, sal dit darem goed wees. Wie weet dalk is hierdie “plain jane” wat opsoek is na haar trou man dalk net sy trou vrou… Mens weet nooit…

Die artikel het my lekker laat glimlag, jys braaf Ammiël!!

conrad ·

Plain Jane, dalk as jy jou naam los kan hy, of wie ookal na jou soek, jou darm kry ;-)

Nuus_Leser ·

Conrad… Ek stem saam, maar hierdie Plain Jane het nie enige sosiale netwerke behalwe gmail… en ek dink nie dit sal baie van pas wees om my email address sommer so uit te gee nie… Hierdie plain jane se naam is Angelique…

Jan Botha ·

Angelique die feit dat jy se wat jy se laat my dink jy voel iets vir die mannetjie! So hoekom nie die kans gryp en wie weet? Die feit dat jy ordentlik wil wees en nie jou epos uitdeel nie spreek van watse oulike meisie jy al klaar na klink!!!

Nuus_Leser ·

Dankie Jan! Jou komentaar beteken so baie vir my! Ek se altyd as iets God se wil is, sal dit gebeur volgens God se wil. :-)

Chantelle ·

Wow!! Dit vat baie van ‘n man om so in die straat te gaan staan, opsoek na sy lewensmaat! Sterkte Ammiel. Mag die ‘n begin wees van ‘n goeie hoofstuk…Hoop ons sien binnekort voorblad nuus!

h ·

Meisies, kyk mooi. Hierdie man is n netjiese, opregte boerseun met n skoon karakter en goeie sin vir homor. Iets wat nie meer so volop is nie. Maak dit vir die kerel moeilik.

Dennis ·

Nuus_Leser (Angelique) maak sommer n` fake gmail account oop dan hoef jy nie te worry om jou regte een uit te gee nie. Dan kan ek jou ook sommer kontak want jy klink oulik.
Dennis

Nuus_Leser ·

Hi Dennis,

Dankie vir jou boodskap. Ek gaan regtig nie my details hier uitgee nie, as jy jou details wil plaas dan sal ek jou kontak. Om ‘n fake email address te skep, gaan ook nie baie goed werk nie. :)

Groete,

Lin ·

Ai toggie Ammiel, JY is nog BAIE jonk.Werk vir ‘n huis en spaar,en Geniet die lewe.Gaan kerk toe ,en lei ‘n normale lewe, dit wat jy NOU DOEN gaan nie werk nie. Liefde Gaan jy NIE kry deur ‘n bordjie te swaai nie.Jy Maak van jouself ‘n bespotting, jy lyk te desperaat !!

Anita ·

Wat het Ammiel gese op 28 Dec 2013 om 09H53 “RIP aan al die meisies wat doodgaan vir aandag soek op facebook”

Charlene ·

Ek sal nou die een wees wat negatiewe kommentaar lewer. Jy is so spesifiek oor die vrou wat jy soek, maar weet jy wat soek ons vrouens???? `n man wat ons aanvaar soos ons is, nie op straat staan en bedel nie maar wat maar sy kant kan bring vir `n inkomste!!! Jy lyk soos `n bedorwe brokie wat nog nooit daai handjies vuil gemaak het nie.

humor ·

Charlene, wil jy nie maar n kansie waag nie. Hy kan jou dalk leer wat die woord humor beteken.

Neptunus ·

Sotterny. Beboet hierdie mannetjie voordat ander hom navolg en verkeer dalk ontwrig, of erger, raakgery word en dan bedel hulle vir kunsbene.

Henrietta Klaasing ·

Die laaaang en interessante geskiedenis van “hofmaak”: eers was daar die “hou-op-die-kop-grot-toe-sleep”, toe die gereëlde huwelike, daarna ‘n opsitkers of twee, en meer modern, (my varsity dae!) “sleep” die ouens die meisies. Die postmoderne mens hou van “online dating”. Iewers tussenin “boer soek ‘n vrou”…. Hierdie val in ‘n heel ander klas: “robot dating” … :)

kovsie_meisie ·

My kop hak vas tussen wonder of hy net ‘n uitstekende sin vir humor en lewenslus het en ek dalk self my hand in die koekie blik moet steek en of ek eendag, heeldag, met hom gaan moet stry oor goed soos wie die beste haarsproei en velversogins metode het….

Maans Kotze ·

Kan ‘n koerant sulke snert plaas. Die man soek net publikasie en sensasie in ‘n baie swak smaak.
Moenie weer sulke gemors plaas nie dit is nie nuus nie en nie werd om te lees nie. As ek ‘n vrou was sal ek nooit met hom trou nie , nie eens bevriend wil raak nie.

Johan Opperman ·

Oom Oppies.Lees nou kommetaar van ander. Laat my dink aan my volkspeeler dae. Liedtjie van Afrikaners is plessierig. Dink eerder moet van nou af wees Afrikaner is onplessierig. Van jul sien net die
swart kant. Oordeel net. Ja ken die
seun en sy ouers + suster. Paar
antw. op jul gedagtes. Kerk ganger /
ja. Na skool opleiding / ja. Humor
sin/ ja. Goeie werk / ja. Goeie ouers /
ja. Doen vir behoeftiges iets / ja.
Ou bul heel oorspronklik. Niemand klae oor die robort verkope en bedelaars. Hoop jy raak gehulpe met meisie. Kom wys vir oom ook die meisie. Groete

Lindie Lourens ·

Ag dis lekker om ‘n slag iets ligs te lees. So moeg al van moord en doodslag en ongelukke en hartseer. As ek jonger was en ongetroud, het ek dalkies kontak gemaak. Sterke met jou soektog- wie nie waag nie, sal nie wen nie!

Lish ·

Ek dink hierdie mannetjie moet sy rooskleurige brilletjies so bietjie laat sak en die belangrike dinge in die lewe raaksien. Ek glo hy soek na die verkeerde dinge en die verkeerde dinge gaan hy beslis kry… Hy het 480 aansoeke gekry (as jy die ou tannies en kansvatters uitlaat) so hy gaan nou die tyd van sy lewe he tussen die meisies… Ek is ook in my 20’s en ek het al hard geleer dat die uiterlike (sagte hakke en al) nie jou geluk kan verseker nie. Sterkte met jou soektog Ammiel, maar onthou net: Meisies soek fris boerseuns… nie maer, tingerige, desperate siele nie…

Nuus_Leser ·

Lish… Ek stem so saam met jou laaste stelling van “fris boerseuns” hulle is wel daar buite!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.