Dié Coke-botteltjie meer as ‘n miljoen werd

Talle persone versamel Coca-Cola-aandenkings en dis geen wonder nie: die maatskappy vervaardig al sedert 1915 verskeie baniere, plakkate, reklameborde, blikkies en ander produkte.

Van die seldsame produkte haal yslike bedrae op die tweedehandse mark. Een spesifieke glasbottel wat nou op ʼn veiling te koop aangebied word, sal waarskynlik vir meer as $100 000 (ongeveer R1,4 miljoen) verkoop word.

Die bottel word verkoop deur Morphy Auctions en het die bekende kurwe vorm van Coca-Cola. Dié botteltjie is een van die prototipes wat die maatskappy in 1915 oorweeg het, toe hulle op soek was na ʼn kenmerkende vorm vir hul glasbottels (blikkies is eers in die 1960’s bekend gestel).

Die bottel, wat deur die afslaers verkoop word, was ʼn poging deur Coca-Cola om seker te maak hul glasbottels verskil van nagemaakte bottels en is só ontwerp dat dit selfs herkenbaar sou wees as dit breek.

Waarom is die bottel so gesog? Dit is die “vermiste skakel” in die evolusie van die kurwe-bottel, wat in 1917 gefinaliseer en vrygestel is. Die bottel moes ook eintlik vernietig word, net soos al die ander proefbottels. Dit is blykbaar die enigste prototipe wat oorgebly het en dit is in die persoonlike besittings van ʼn voormalige Coca-Cola-werknemer gevind.

ʼn Prototipe van ʼn ouer ontwerp is in 2011 vir $240 000 verkoop.

Aanbiedings vir die bottel by Morphy-afslaers staan tans op $90 000 en dit sal waarskynlik verhoog wanneer die veiling op 14 April regstreeks aangebied word.

Glasbottels met soortgelyke kontoere wat in grootmaat vervaardig is, is tussen R80 en R400 werd. Coca-Cola se glasbottels sonder die kurwes word gewoonlik vir tussen R350 en R5 600 verkoop.

Klik hier om meer oor die botteltjie en die veiling te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karlisto ·

Wil jy nou meer, ek moet deur my collections gaan. Het so paar jaar terug een van my oorspronklike Coca Cola yo-yo’s in NY verkoop vir $23 000

Koos ·

So wonder ek toe nou toe ek die opskrif lees, of dit die een is wat die boesman op die kop getref het in The Gods must be crazy.

Angela ·

Ek het ‘n Atlanta 1996 Centennial Olympic Games Coca Cola coke Bottle wat nog nie oop gemaak is nie.

En nou? ·

Ek het een van die Pepsi koeldranke in ‘n plastiek bottel wat gemaak was vir Pamela Anderson. Op die Pepsi bottel staan “The Pammy”

Johan ·

Nee, dit is nie wat die bottel werd is nie.Dit is die suiker belasting wat bygevoeg is.

Andre Nelson ·

Wondering what will my bottle of 63mm be worth, which I’ve found more then 40 years ago in an attic?
Complete with the metal cap still attach with a little bit of Coke still in it.
Also 6 simmilar Canada Dry Lemonade bottles (70mm) also with liqued and metal caps still attached

KL ·

You can take it to a collector to get a + – worth, or as me, i contacted Coca Cola, and they made me a very, very decent offer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.