Die dief wat net ʼn Kit Kat gesteel het

Die foto van die briefie wat Hunter Jobbins op Twitter gelaai het

Die foto van die briefie wat Hunter Jobbins op Twitter gelaai het

ʼn Dief het by Hunter Jobbins, van Kansas State University, se motor ingebreek toe hy dit vir 15 minute lank oop gelos het.

Toe Hunter terugkeer, het hy ontdek iemand het die Kit Kat-sjokolade, wat in sy motor was, gegaps. Dit is met ʼn briefie vervang: “Ek het die Kit Kat in jou motor gesien. Ek is dol oor Kit Kats en toe ek jou deur probeer, het dit oopgemaak. Ek het niks anders buiten die Kit Kat gevat nie. Ek is jammer en honger.”

Hunter sê hy was aanvanklik omgekrap en het gewonder wat met die Kit Kat gebeur het, tot hy besef het dit is eintlik snaaks. “My frustrasie het in lag verander,” het hy gesê.

Sedert Hunter die foto op Twitter gelaai het, het meer as 180 000 mense dit al gedeel. Die maatskappy se sosialemediaspan het ook op die tweet afgekom. “Wie steel iemand se Kit Kat?! WIE DOEN DIT?! Stuur vir ons ʼn DM en ons sal dit vir jou vervang,” het Kit Kat geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

CQ ·

Ju het n goeie daad gedoen….sonder dat jy dit weet♡
Put a smile on your face and just bless the persob who wrote the letter♡

Renier Lubbe ·

Have a break… steal a Kit Kat.

Only in South Africa.

Ouvrou ·

Ag siestog! Wat ‘n honger magie mens nie laat aanvang nie!

alex ·

as jy in SA jou motor se deur oopgesluit los en jy is net VYF minute weg, sal jy wanneer jy terugkom ontdek die selfoon, motorradio, selfooncharger, truspieeltjie en n hele rits ander goed is weg. En jou Kitkat sal steeds daar wees. in amerika is die misdaadsyfer so laag dat NET die kitkat gesteel word. tog jammer ek kan nie SA verlaat en na Amerika verhuis nie. dit moet wonderlik wees: lae misdaadsyfer, goedkoop petrol, geen loadshedding, geen Nkandla, geen korrupte regering, geen regstellende aksie SUIWER EN NET op grond van velkleur nie…

Denise ·

Alex dit is soos jy se hier by ons sal hulle defnitief nie net n Kit Kat vat nie hulle vat sommer alles!!!!!

Rugga007 ·

In SA sal hulle die hele “Kit” en die “Kat ” vat.

GV ·

My 12 jarige seun steel my Kit Kats maak nie saak waar ek dit wegsteek nie! Wonder of Kit Kat dit vir my sal vervang …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.