Die dorpie waar tyd stilstaan

Sommarøy (Foto: nordnorge.com)

ʼn Klein vissersdorpie in Noorweë, Sommarøy, het aansoek gedoen by sy regering om die eerste gebied te word wat nie onderworpe is aan enige tydsone nie.

Die vissersdorpie, waar net meer as 300 mense woon, is noord van die Arktiese Sirkel geleë.

Inwoners voer aan hulle maak nie van gewone tydhouding gebruik nie, en as die eiland as ʼn tydsone-vrye gebied verklaar word, sal dit bloot ʼn formele bevestiging wees van dit wat reeds geslagte lank in praktyk uitgevoer word.

Sommarøy is tans in die middel van ʼn 69 dae lange periode wanneer dit permanent dag is, omdat die son nie weer voor 26 Julie sal sak nie. Tussen November en Januarie beleef die eiland weer ʼn lang nag, omdat die son nie opkom nie.

Plaaslike inwoners het geleer om die beste te maak van dié natuurverskynsel en werk dus buite die tradisionele werksure. Kjell Ove Hveding, een van die inwoners, het gesê mense sny gras en kinders speel bal wanneer almal anders sou dink dis “in die middel van die nag”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

13 Kommentare

Denise ·

Baie gelukkige mense kan net heerlik wees om daar te bly!!!!

Iens ·

Hoe bedoel jy die aarde is plat? Die aarde is rond!
Of het jy nou gegrap?

Eugene ·

Dit is waarom dié mense hulself as plat-opaardemense mense beskou. Wys jou wat tyd aan mens kan doen. Geluk met jul inisiatief.

LHS ·

Daardie lang nag gedeelte, die gesinne is seker redelik groot.

GLS ·

Bly nou al 13 jaar in Noorweë, fantastiese land, het dié dorpie nog net 1 keer besoek, om die lang dag te aanvaar, gaan die jaar om die lang nag te ervaar. Groete!

Nina ·

Die aarde is plat!!! Gaan lees die by bel! !! Dit staan op baie plekke o a Job 38

Pieter ·

Nina,
Dit staan op 200 plekke in die Bybel. Ek sal graag wil hoor hoe verduidelik iemand die plat aarde met fotos en oneindig baie ander bewyse dat die aarde ‘n effens afgeplatte sfeer is wat om die son draai. Die aarde staan volgens die Bybel op vier pilare – waarop staan die pilare? Moenie betrokke raak in sulke nuttelose argumente nie.
Ek glo vas ons moenie alles in die Bybel letterlik probeer bewys nie want ons gaan ons vasloop in argumente en die groot boodskap van God se liefde en genade afskaal in die soeke na triviale goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.