Die duurste koppie koffie in die wêreld

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Koffieliefhebbers in Kalifornië het die kans om vir ʼn beperkte tyd die wêreld se duurste koffie te proe.

Elke koppie koffie kos $75 (meer as R1 000). Bone vir die koffie is reeds uitverkoop.

Klatch Coffee Roasters, wat op verskeie plekke in Kalifornië geleë is, bedien die Elida Geisha 803, koffiebone van Panama wat jou $803 (sowat R11 400) vir 500 g uit die sak jaag. Dié koffiebone het onlangs die eerste plek verower in die Best of Panama-koffiekompetisie.

“Dis ʼn unieke koffie van Panama,” het Bo Thiara, mede-eienaar van Klatch in San Francisco, gesê. Die Kopi Luwak word gemaak deur bone aan sivetkatte te voer en dan die verteerde materiaal te gebruik.

Klatch het 10 van die 100 pond wat wêreldwyd beskikbaar is, ontvang. Slegs 80 koppies van dié eksklusiewe koffie kan in die VSA gemaak word. Die grootste hoeveelheid bone is aan Japan, China en Taiwan gestuur.

Klatch het van Saterdag die “Elida 803 Geisha Natural Experience” aan sy klante gebied. Die maatskappy het aangebied om 18 g van die bone aan klante te stuur wat graag die koffie wou proe maar nie een van hul restaurante kan besoek nie. Dit is reeds uitverkoop.

Lees ook: CNN, ABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Henk ·

Dan moet ek seker my koffie tanne maar laat trek. Of net dit in ruik.

Henk ·

JudgeDredd vir daai prys moet dit n koninglike kat wees. So dit ruik soos lafentel in die somer. so hoekom nie!!!

JohanL ·

Andrea, jou vraag het my laat wonder en ek gou ge-gurgle op die Net. Blykbaar word die sivetkatte die bone basies ingeforseer en is dit traumaties vir hulle. So die industrie kry baie teenkanting. Laat mens aan “caged lion hunting” dink !!!

Zettie ·

Ek is baie lief vir koffie, maar behoede my……ek sal nooit DAAI koffie kan inkry met die wete waar en hoe dit vervaardig word nie………

Andrea ·

@JohanL
So gedink. Laat my dink aan die arme ganse wat vir foie gras gebruik word.

Oom Kaspaas ·

Ek beplan ‘n meer bekostigbare alternatief deur toetse met behulp van my Jack Russell uit te voer. Nou kort ek net ‘n vrywilliger om die eerste prototipe koppie te proe.

Ellisras ·

Ek geniet my “gewone” net so. (Mag ek sê moer koffie?) Vir my is spoed meer belangrik.

Sonja ·

Vir daar prys moet dit seker self van die kluis na die koppie loop.

Klugt ·

Wat n bemarkingsklug. Hulle doen soveel moeite om die illusie van skaarsheid te skep. Oom Kaspaas se jack russel se koffie sal dieselfde proe, solank dit goeie bone was en darm mooi skoongemaak word.

WitBlits ·

Nou waar is Matewis dat hy kan begin koffiebone vreet sodat ek ook koffie met gatskop kan drink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.