Die ‘engel’ wat 160 mense se lewens gered het

Don Ritchie

Don Ritchie

Dit klink byna onwerklik: een man het oor nagenoeg 50 jaar, altesaam 160 mense gekeer om selfmoord te pleeg.

Die Australiër Don Ritchie het naby ʼn afgrond gebly, genaamd “the Gap”, waar talle mense na hul dood gespring het. Ritchie het met ʼn sagte woord en ʼn glimlag egter 160 mense oortuig om nie te spring nie – sy familie voer aan die getal is nader aan 400 mense.

Ritchie is al in Mei 2012 in die ouderdom van 86 oorlede, maar ʼn foto van hom word nou weer wyd op sosiale media gedeel en hy word onthou as “die engel van die ‘Gap’”.

Die "Gap" waar talle Australiërs al na hul dood gespring het

Die “Gap” waar talle Australiërs al na hul dood gespring het

Hy het glo doelbewus gekies om oorkant die afgrond te bly, sodat hy steeds mense se lewens kon red. Hy het elke oggend opgestaan en by die venster uitgekyk, om te sien of iemand nie dalk te naby aan die afgrond staan nie. Indien dit vir hom gelyk het of iemand wou spring, het hy nadergestap, en met sy hande oop en ʼn glimlag op sy gesig gesê: “Kan ek iets doen om jou te help?”

Ritchie het met dié eenvoudige gebaar gewoonlik ʼn gesprek aangeknoop en die persoon uiteindelik genooi vir ʼn koppie tee of ontbyt. “Soms was dit al wat nodig was,” het sy dogter, Sue Ritchie Bereny, gesê. “Hy het altyd gesê mens moet nooit die krag van ʼn sagte woord en ʼn glimlag onderskat nie.”

Hy het in 2006 die Medalje van die Orde van Australië ontvang en hy en sy vrou, Moya, is ook in 2010 as “Burgers van die jaar” aangewys deur die Woollahra-raad. In 2011 is Ritchie aangewys as “Plaaslike held van die jaar”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gesiggie ·

Kan daar nie meer Engele soos Don wees…. dit kan soveel mense se lewens spaar… ja en al wat dit kos is: n sagte woord en n glimlag. Wat n mooi gebaar en storie… Omgee vir jou Medemens soos die Bybel ons leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.