Dié foto dalk wêreld se eerste “selfie”

selfie fotoDie woord “selfie” is onlangs as die Woord van die Jaar aangewys en ʼn foto van ʼn vrou uit die 1900s wat haarself in ʼn spieël afgeneem het, is dalk een van die vroegste “selfies” wat bestaan.

Die woord “selfie” verwys na ʼn foto wat met ʼn selfoonkamera van jouself geneem word. Meeste “selfies” word geneem wanneer die persoon voor ʼn spieël staan.

Die vrou het ʼn Kodak Box Brownie-kamera gebruik om die foto te neem. Dié kameras is in Februarie 1900 beskikbaar gemaak en is die wêreld se eerste massaproduksiekamera. Dit het slegs $1 elk gekos en is gemaak van karton. Die kamera het, met die druk van ʼn knoppie, ʼn klein 5 cm-grootte foto geneem.

Die kamera-ogie was bo-op die kamera, so die gebruiker moes die kamera heuphoogte hou om te sien of die foto reg geneem gaan word.

Alhoewel die Box Brownie nie meer vervaardig word nie, is daar nog talle van dié kameras wat bestaan en as dit goed genoeg versorg is, neem dit steeds wonderlike foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.