Dié foto het die internet op hol

Foto: Hunter Culverhouse, Instagram

Foto: Hunter Culverhouse, Instagram

Dié foto van blink bobene het die internet op hol, want dit blyk net ʼn illusie te wees.

Die Instagram-gebruiker Hunter Culverhouse het die foto opgelaai. “Ek het bietjie wit verf oorgehad en toe hier en daar lyne op my bene getrek,” het sy verduidelik. “Nou verwar dit almal op die internet.”

Sommige persone sien dadelik die vreemde blink bene wat lyk of dit met olie of plastiek bedek is, maar ander persone sien glad nie die blink bene nie – slegs vervelige wit verfstrepe.

Wat sien jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann Marx ·

Verf. Smeer jou bene met olie en neem weer ‘n foto….jy sal sien dit lyk nie eens amper dieselfde nie…..maar kreatiewe probeerslag.

johan ·

Ag n mooi versorgde Vroutjie is mos altyd pragtig, is mos enige man se trots, al is dit net wit verf strepies, of n illusie

Pieta ·

Vir dié wat nie besef het iemand het ‘n STREEP weg nie, was dit ‘n BLINK idee! He-he…
Nogtans heel kreatief (die foto – nie ek nie)!

2 keer kyk ·

ek moes nou 2 keer kyk die eerste keer toe lyk dit soos blink bene maar toe ek verder lees oor die verf toe kyk ek weer en besef dis eintlik verf, maar dis baie oulik

Jakobus ·

Uit ‘n oogpunt van ‘n fotograaf. Wit lyk maar jellierig, te blink, swart sou soveel meer defenisie gee, weerkaatsing.

Johann ·

Ek stem J, hierdie wat glinster, nee hoor, dit lyk te glibberig, soos jellie, ook het dit nie dieselfde diepte van veld, wat ‘n baie donker kleur, met lig wat daarop val, weergee nie.

Kyk maar self wat die effek sou wees.

Jakobus ·

Jys reg, as mens met potlood teken, lig, donker wat weerkaats, of die diepte van veld soos jy sê, dieselfde effek.

sarie van heerden ·

Ag nee, niemand kon geflous gewees het nie want jy kan onmiddellik sien dis strepe wat met verf of soiets getrek is.

Pierre Celliers ·

Wel, ek was oortuig dis olie gesmeerde bene!
Baie goed gedoen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.