Die geheim van die gesteelde skildery

Rita en Jerry Alter (1985)

Die 81-jarige Rita Alter is in 2017 oorlede op haar plaas in die klein gemeenskap van Cliff, New Mexico. Haar man Jerry het vyf jaar tevore gesterf. Volgens hul bure was hulle ʼn “oulike egpaar wat hulself nie met ander se sake bemoei het nie”.

Dit het egter aan die lig gekom dat die egpaar ʼn gesteelde Willem de Kooning-skildery, Woman-Ochre, ter waarde van meer as $160 miljoen in hul besit gehad het.

Die egpaar se susterskind en eksekuteur van hul boedel, Ron Roseman, het egter nie die waarde van die skildery besef nie, en dit vir $2 000 aan ʼn winkel wat in antieke ware spesialiseer, verkoop.

ʼn Kenner het dit geïdentifiseer as die oorspronklike skildery en die FBI gekontak. Die groot vraag was – hoe het die Alters dit bekom? Het hulle dit gekoop of het hulle dit op een van hulle eksotiese avonture gevind of het hulle dit self oorspronklik in 1985 gesteel?

Mense wat hulle geken het, is huiwerig om te dink dat hierdie stil, vriendelike egpaar, ʼn voormalige onderwyser en spraakterapeut, só kunswerk sou kon steel. ʼn Nuwe leidraad dui egter daarop dat die Alters inderdaad kunsdiewe was: ʼn ou foto van Jerry en Rita Alter wat in 1985 saam met hul familie in Tucson Dankseggingsdag vier. Die egpaar lyk soos die sketse wat destyds deur die veiligheidswag ingedien is van die twee diewe. Die diewe het boonop in ʼn rooi motor van die toneel gevlug – net soos die een waarmee die Alters gery het.

Die ondersoek duur al meer as ʼn jaar lank voort. Die FBI wou nie kommentaar lewer voor die saak afgehandel is nie.

Lees meer: Washington Post, Tucson.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blommie ·

Simpel skildery en die mense lyk GLAD Nie soos die identikits nie .. hel iemand se verbeelding loop met hom weg …

RJB ·

Ja nee, die skets van die diewe lyk nie naastenby soos die mense op die foto nie.
Dis seker 1 van die lelikste skilderye wat ek nog gesien het.

Karin ·

Hou net in gedagte dat daai sketse geteken is nét deur inligting van ooggetuies.

Gemaskerde Sopbeen ·

My 3 jarige seun, Klein Willem de Koooooning, het verlede week NET so ‘n skildery in die kleuterskool geverf. Dit was in sy “stilte fase”…..Ons wil nie eintlik nie, maar as iemand ons $159 miljoen aanbied, sal ons dit met ‘n swaar hart laat gaan…..en Klein Willem troos.

Ellisras ·

Sop been. Ek vat die skildery. Ek bring die Zim $$ more.

Nico ·

Wonder nog altyd hoe het die kultuur marxisme ons oortuig om aan sulke gemors die waarde van honderde miljoene dollars toe te ken.

Nettie ·

@Gemaskerde Sopbeen & Ellisras – julle is, soos gewoonlik, albei ewe aweregs, maar vandag heel snaaks. Dankie vir die “smile”.

wielie ·

whahahahahaha Op wat is dit geskilder?? versteekte goud?? Ek kan nie eers n ” woman ” sien nie.

Sê maar net ·

Vrek……. maar dis baie geld vir iets wat ek beter kan doen. Ha ha.

Wys jou net ·

Ek is seker maar ‘n palluka, maar ek sal verby daai skildery op ‘n straatverkoping stap en glad nie eens 2x kyk daarna nie want vir my persoonlik lyk dit net ‘n “los gemaal in die skrum”. Ek kan nie eens uitmaak wat dit veronderstel is om te wees nie.

Annalie ·

Sien dis hoekom die ding se naam “Woman – ochre” is, hy moes verduidelik wat dit is ;-)

Day after ·

Daai skildery verbeeld presies hoe ek voel op ‘n Saterdagaand langs die braaivleis vuur na ‘n hele dag se brannewyne en biere. Nie lekker nie…

Erika ·

Dit is die lelikste skildery wat ek in my lewe ooit gesien het. Dink meeste Gr R kindertjies kan beter skilder as hierdie deurmekaar gekrap!

liefie ·

Dis ‘n mooi skildery. Die waarde word onder andere bepaal deur wie die skilder was. Die egpaar was duidelik nie in staat om die skildery te verkoop nie weens die publisiteit daaraan verbonde.

Aprais ·

Duideluk dat Saffas nie kunskenners is nie. My seun het n paar sesse geslaan o/9 , so hy’s dan nes AB en Kohli, niks spesiaal aan die 2 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.