Die gesig agter die mummie

Foto: Northwestern Block-kunsmuseum

Mummies was eers mense – maar hoe het hulle gelyk? Mens kan ongelukkig nie op hul oorskot staatmaak vir antwoorde nie – dit wat agter die verbande skuil is nie ʼn goeie plaasvervanger vir die gesigte wat eens geleef het nie.

Portret-mummies, ʼn kunsvorm wat in die derde en vierde eeu voor Christus deur die Romeine in Egipte begin is, kan nou herleef. In plaas daarvan dat die afgestorwenes met simbole in hul grafkelder begrawe is, is realistiese skilderye, wat op houtpanele geverf is, oor hul gesigte en onder die verbande geplaas.

Die skilderye is ʼn blik op ʼn langvergete era. Dis ook ʼn geleentheid vir wetenskaplikes, kunshistorici en argeoloë. “Paint the Eyes Softer: Mummy Portraits from Roman Egypt”, ʼn uitstalling by Northwestern University se Block-kunsmuseum, bring al hierdie dissiplines bymekaar met ʼn kykie na die wetenskap agter die bewaarde liggame en skilderye.

Die gratis uitstalling het ʼn verskeidenheid van portrette beskikbaar, maar ondersoek ook die wetenskaplike geheimenisse van die mummies.

Mummie-skilderye, wat nie beskadig is nie, is baie seldsaam. Die universiteit het in November een van die skilderye na ʼn nabygeleë laboratorium geneem vir eksperimente om inligting bekend te maak oor die werkswinkel waar die skildery waarskynlik geverf is en die materiaal wat gebruik is om die persoon te mummifiseer. Die oorsaak van die persoon se afsterwe en dieet is ook ondersoek.

Die betrokke mummie, ʼn vyfjarige meisie wat waarskynlik 1 900 gelede oorlede is, is nou by die Block te sien – insluitend nuwe omstandighede waartydens sy geskilder en gemummifiseer is.

Die mummies is aan die begin van die 20ste eeu uitgegrawe.

Die woorde op een van die skilderyborde het steeds die oorspronklike instruksies (in Grieks) aan ʼn kunstenaar: “Verf die oë sagter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jan ·

Hallo Dave,
Waarom skulder hulle n dame en nie ‘n man nie?

Jan Smit
0823545919

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.