Die (gesteelde) Kit Kat kom weer

Hunter Jobbins tussen al die Kit Kats in sy motor (Foto: Twitter)

Hunter Jobbins tussen al die Kit Kats in sy motor (Foto: Twitter)

Nadat ʼn “honger dief” verlede week in Hunter Jobbins van Kansas State University se motor ingebreek en sy Kit Kat-sjokolade gegaps het, het dié vervaardiger die gesteelde sjokolade met 6 500 ander vervang.

Maroela Media het vroeër berig Jobbins, wat sy motor vir 15 minute lank oopgelos het, was verslae toe hy in sy motor ʼn brief kry waarin die boef om verskoning vra vir sy lang vingers.

“Ek het die Kit Kat in jou motor gesien. Ek is gek na Kit Kats en toe ek jou deur probeer oopmaak, het ek dit reggekry. Ek het niks anders buiten die Kit Kat gevat nie. Ek is jammer en honger,” het die boef geskryf.

Nadat Jobbins dié briefie in ʼn inskrywing op Twitter gedeel het, het Kit Kat reageer deur te beloof om die gesteelde sjokolade te vervang. “Wie steel iemand se Kit Kat?! WIE DOEN DIT?! Stuur vir ons ʼn DM [direkte boodskap] en ons sal dit vir jou vervang,” het hulle laat hoor.

Hunter Jobbins tussen al die Kit Kats in sy motor (Foto: Twitter)

Hunter Jobbins tussen al die Kit Kats in sy motor (Foto: Twitter)

Die vervaardiger het intussen die gesteelde Kit Kat met 6 500 vervang én dit alles in die motor gelaai, so deeglik en oorvloedig dat daar byna net plek op die bestuurder se sitplek was.

“Hou maar jou Kit Kat, boef! Hunter het nou genoeg sjokolade,” het hulle weer op Twitter laat hoor.

“As die boef hier lees of die storie volg, wil ek graag hê dat hy na my toe moet kom en skuld erken. Ek sal hom ʼn drukkie, ʼn dankie en baie Kit Kats gee,” het hy geskerts.

Hy het volgens die Kansas State Collegian intussen gereël om die Kit Kats onder die studente te versprei.

Bron: Fox

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Valerie ·

Mm, so ‘n ietwat van ‘n overKILL; net so ‘n bietjie.

mokki ·

Lucky fish,ek wens ek kon darem ook net een keer in my lewe iets kry…

Cora Simpson ·

Ek sal my parkeer adres los , my kar se kleur , maak en nommerplaat & ‘n Lunch Bar daarin los. Will iemand asseblief dit vat en vir my ‘n briefie stuur? (ps. ek sal die deur oop los)

Justice ·

Puik bemarkingstrategie met miljoene dollars se gratis advertensie. Dit moet deksels koud daar wees om ‘n Kit Kat in ‘n motor te los sonder dat hy smelt – stem saam dat dit moontlik ‘n bemarkingsfoefie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.