Die grappige rede waarom dié verlowingsfoto aandag trek

Foto: @goodgaljenjen op Twitter

Die eerste ding wat paartjies gewoonlik doen sodra hul verloof raak, is om die nuus op sosiale media te deel. Daar is ʼn grappige rede waarom dié paartjie se foto so gewild is op sosiale media.

Jenna (@goodgaljenjen op Twitter) van Melbourne in Australië het die verlowingsfoto van haar niggie Diana met José op sosiale media gedeel. Sy verduidelik José het ʼn verrassing beplan en Diana oortuig die viering is vir sy ouers se huweliksherdenking. Toe kniel hy egter voor haar en vra haar die groot vraag!

Diana is ʼn verpleegster en sy dra dus nie gereeld naellak nie. Jenna se hulp is vinnig ingeroep en haar hand is nou saam met die verliefde paartjie op die foto te sien!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stormrider ·

Ja nee ek stem saam dis so grappig ek het my dood gelag

Mel ·

Dis nou twee mense gemaklik in hulle verhouding. Mal daaroor!
Lekker saam gegiggel.

SoosDitIs ·

Nou moes daai ring nog net vasgesit het aan die niggie se vinger na die foto… Hehehehehehe. Shame, dis baie oulik. Geluk julle drietjies :-P

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.