Dié koppie tee is duurder as goud

Foto: The Rubens by The Palace-hotel

ʼn Luukse hotel oorkant die Buckingham-paleis bedien ʼn baie spesiale koppie tee, maar jy gaan jou sak moet skud.

Dié nuwe treksel is Golden Tips en teen £166 (meer as R3 000) per gram is dit vier keer so duur soos goud.

Jy kan dié tee bestel by The Rubens by The Palace-hotel, geleë op die voorstoep van die Buckingham-paleis in Londen. ʼn Koppie tee, ʼn glas sjampanje en ligte versnaperings jaag jou £500 (meer as R9 000) uit die sak.

Die tee word verbou in Sri Lanka en het ʼn “gladde, ligte tekstuur met vrugtige geure”. “[Die blare] word teen sonsondergang per hand deur kenners gepluk en die fluweelagtige, silwer blare verkleur goud terwyl dit op ʼn fluweellap sondroog,” aldus The Rubens se webwerf.

Kelners, met wit handskoene, gebruik ʼn goue knyptangetjie om elke blaar versigtig op ʼn goue skaal te weeg voor dit in ʼn silwer teepot in warm minerale water getrek word. Die tee het ʼn ryk, goue kleur.

“Dis ʼn kunsvorm. Dit is die natuur wat die geur skep,” sê Dananjaya Silva van P.M. David Silva & Sons, wat die tee vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rina Kotze ·

Nee dankie sê dié gansie!

Wil tee drink, nie aandele in die besigheid OF by die paleis koop nie!!!

koos ·

Teen daai prys sou ek verwag dat die Queen dit aan my moet bedien!

Lindtjies ·

Maar hulle is dol. Daar is mense wat sukkel om kos op die tafel te sit en daar betaal jy ongeveer R9 000 vir tee, sjampanje en kos. Nee wat hulle kan dit maar hou.

Sanna ·

Wonder of daar gefrons sal word as mens vir melk en suiker vra?

Johann cb ·

En tuis drink die vervaardiger Glen Tee! Mét melk en suiker!

jean ·

Totale origheid…mense wat nie meer weet wat om met hul geld te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.