Dié man wil bewys aarde is plat

“Mad” Mike Hughes en sy vuurpyl (Foto: Waldo Stakes/HO met vergunning van Mad Mike Hughes via AP)

ʼn Man van Kalifornië in die VSA beplan om Saterdag homself in ʼn vuurpyl te lanseer om te bewys dat die aarde eintlik plat, en nie rond is nie.

Mike Hughes (61) het self die vuurpyl van skrootmetaal gebou en beplan om vanaf ʼn hoogte van 548 meter ʼn foto te neem wat glo sal bewys dat ons eintlik op ʼn skyfvormige planeet woon. Hy onderneem die 800 km/h-vlug Saterdag in die Mojave-woestyn.

Hy glo ruimtevaarders het saamgesweer en die vorm van die aarde uitgedink. Hy het aan die Associated Press gesê dié reis is die eerste fase van sy ambisieuse plat-aarde-ruimteprogram. “Dit sal ʼn einde beteken van die idee dat die aarde rond is,” het die oud-limousinebestuurder gesê tydens ʼn onderhoud om finansiering te bekom.

“Mad” Mike sê NASA word bestuur deur ronde-aarde-Vrymesselaars en glo Elon Musk se vervalste vuurpyle is net lugbalonne.

Hy het die vuurpyl gebou van geld wat hy uit ʼn projek op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter, “From Garage to Outer Space”, bekom het. Dit het hom ongeveer $20 000 (meer as R278 000) uit die sak gejaag.

“As jy nie bang is nie, is jy ʼn idioot. Dit is skrikwekkend, maar niemand van ons gaan in elk geval lewendig hier wegstap nie. Ek hou daarvan om buitensporige goed te doen wat niemand anders kan doen nie, en niemand het nog ooit self ʼn vuurpyl ontwerp, gebou en homself gelanseer nie. Ek is ʼn lopende realiteitsreeks,” het hy gesê.

Mike sal die Saterdagoggend, voor die lansering, ongeveer 260 liter water in ʼn vlekvrye staal tenk verhit en dan tussen 14:00 en 15:00 lanseer. Hy beplan om ʼn hoogte van 548 meter te bereik voor hy met twee valskerms sal terugkeer na die aarde.

Hy ontmoedig aanhangers as gevolg van veiligheidsredes om dit self te probeer, maar die poging sal regstreeks op sy YouTube-kanaal te sien wees.

Alhoewel daar nie ʼn enkele verduideliking is van hoe ʼn plat aarde lyk nie, glo talle van dié volgelinge dat dit ʼn plat skyf is, omring deur see-ys, wat as ʼn raam dien vir die oseane. Dis nog nie duidelik wat aan die anderkant van die see-ys is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

William ·

Hy klink na ‘n aangename mens. Plat-op-die-aarde, kan ‘n mens seker sê.

Kaptein ·

‘n GoPro aan ‘n weerballon kan sekerlik dieselfde, of meer bereik ?

Die goedkoopste opsie is natuurlik die ISS live feed …

Konstabel Abel ·

GoPro en veral balonne, is deel van die sameswering. Veral balonne, want hulle’s mos rond.

Paul ·

Nee maar jy sien, Kaptein, die GoPro ouens is ook mos in op die sameswering, so hulle ontwerp daai kameras om ‘n ronde aardbol te wys eerder as die plat aarde. Dis hoekom hy self met eie oë moet gaan kyk. Selfde vir hoekom hy nie sommer uit ‘n vliegtuig se venster kan kyk nie, want Boeing en Airbus is ook deel van die sameswering. Selfde geld vir mense wat hoë geboue bou!

Met alle grappies op ‘n stokkie… Selfs Plinius destyds in die eerste eeu v.C. het al in sy Historia Naturalis geskryf hoe mens met die blote oog kan sien dat die aarde rond is. Jy hoef nie ‘n vuurpyl te hê nie. Selfs net van ‘n hoë gebou af in ‘n vlakte-omgewing, of naby die see, kan mens dit met goeie oë gewaar.

Stormrider ·

Genugtig. Kon hy nie maar ‘n Cessna vir ‘n uur huur nie. Hy kan baie hoog gaan vir lekker goedkoop….

Johan ·

Die hoogste toring in die wereld is in Dubai en hy staan 830meter hoog. Wat gaan dit hom help as hy 548 meter hoog vlieg? gaan klim eerder daai toring en geniet ‘n yskoue bier en die mooi uitsig! O ja en dan kyk jy of dieaarde plat is!

Johan` ·

Die hoogste toring in die wereld is 830 meter hoog in Dubai. 538 meter gaan hom nie veel help nie. Gaan klim eerder die toring en geniet ‘n yskoue bier en die mooi uitsig en dan kyk jy sommer of jy ysberge en die see sien.

Veritas ·

Hy is doodreg. Al die hemelligame is skywe. Ek kyk nou al vir ses dekades, elke dag na die son en sie nog heeltyd net die ligkant. Die donkerkant kom net snags uit wanneer ons slaap.

Meraai ·

Ek is stom. Hy woon verseker in ‘n baie meer ontwikkelde land as ons en ons weet dit is al hoeveel keer bewys die aarde is rond. Nogal altyd geweet in Amerika is daar ‘n paar wat n skroef of 2 los het.

Johan ·

Sal eerder ñ vlug geboek het . Kan ñ “rocket” vlieg waar daar geen atmosfeer is nie ?

Paul ·

Johan, is jy ernstig?

Natuurlik kan vuurpyle vlieg waar daar geen atmosfeer is nie – dis juis vliegtuie wat nie kan vlieg sonder ‘n atmosfeer nie. En in elk geval, op 500 meter is daar definitief nog baie atmosfeer… anders sou die mense wat op die Hoëveld woon, bietjie gesukkel het met asemhaal teen hierdie tyd!

rafiki ·

Hoekom gaan spring hy nie net valskerm nie? Jou eerste sprong gaan tot op n hoogte van 1066m (3500 voet)? dis 2 keer die hoogte…. plus jy kan nie entlik op daardie hoogte sien wat aangaan nie die aarde is te groot…. en dis goedkoper om te gaan valskerm spring….

Andréas ·

Hy het darem vernuftig die geld ingesamel om so vêr te vorder. Wonder egter of hy van meet met sy “beleggers” oop kaarte gespeel het. Indien wel is hy beslis nie die enigste persoon wat oortuig is dat die aarde plat is nie. Beslis volpunte aan die Maroela lesers wat dié probleem eenvoudig en goedkoop vir hom kan oplos. My gevoel is dat hy publisiteit wil hê, dalk ernstig siek is en oor dekades as limo-drywer beslis heelwat by al sy passasiers behoort te geleer het.

Andre ·

Is hy nou heel agter die tyd,natuurlik is die aarde plat enige mens weet dit by die tyd al hy mors net sy tyd hy kom my net gevra het

Dis nou snaaks ·

Die man is reg, die aarde is nie rond nie, dit is dalk ovaalvormig (nie perfek rond nie) maar dit is defintief nie plat nie…. wat van die individue wat al die aarde omseil het met kayaks of katamarans?

RB ·

Jy sien dis mos nie hoe die plat aarde ding werk nie…enige-een wat gedink het hulle het om die aardbol gegaan het hulself verbeel en eintlik net in ‘n sirkel gegaan, die ander is deel van ‘n saamswering, veral die vlieëniers wat spesiaal kringe ry sodat die pasasiers dink hul volg die radius…Wiskundige bewyse is ook nie toelaatbaar nie, tensy dit bewys die aarde is plat…dan mag mens dit ook nie te naby bekyk nie. En die son en maan wat enige-een daagliks kan dop hou is eintlik besig om toertjies in die atmosfeer te doen.

Die verbeelding is wonderlik.

Jan N ·

Daar is meer as genoeg bewyse dat die aarde plat is. Elke mens wat dink dat hy op n spinnende bal sit wat teen amper 1000km/hr in rondte spin het verseker nie baie grys stof nie. Dis nie maklik om jare se siening van ronde aarde te vergeet nie, maar net logika self se vir jou jy is op n plat aarde. Ek was self daar, maar gaan doen jou navorsing, ej al vir twee jaar besig, en het binne 3 maande besef dat aarde plat is.

fourijm ·

Jan, bel 2 pelle, een in die noode vd land. en een in die suide (conference call) Vra dan altwee om ‘n reguit stok van so 2 meter, vertikaal, waterpas in die grond te kap. Laat altwee dan op ‘n sekere tydstip (12 uur) die skaduwee meet en vir jou aanstuur. Gebruik dan bietjie wiskunde om die hoek uit te werk en ook die omtrek vd aarde. Die Grieke het dit al duisende jare gelede gedoen en hulle het nie eers selfone gehad nie. Dan blaas jy sommer ‘n ballon op en plak 2 stokkies vertikaal so paar sentimeter van mekaar af en skyn met ‘n flits daarop. As die hoek vd skaduwee vd stokkies dieselfde is, is die ballon plat, anders is hy balvormig.

Mariustad! ·

Fourijm alhoewel dit tegnies gesproke waar is hang dit van faktore af soos die son se grootte en afstand van die aarde af wat natuurlik van NASA af kom. Sit vanaand twee langwerpige voorwerpe waterpas op jou sitkamer vloer neer aan weerskante van die kamer en sit dan die lig aan… is die skaduwees dieselfde? Indien nie, beteken dit jou sitkamer vloer is rond? #devilsadvocate

RB ·

Dis net ‘n slim manier om mense te kry om vir sy avonture te betaal…Hy moet net versigtig wees dat hy nie in die son vas pyl nie.

Dawie ·

Hier in De Aaris ook heelwat mense wat glo die aarde is plat en nie rond nie. NASA is ook besig om mense met n teorie om die bos te lei. Moet ook nie probeer verduidelik dat die aarde rond is agv die skaduwee op die maan soos bv met sekelmaan nie. Ek het ookal gehoor dat jy nie om die aarde kan gaan oor die pole agv n hemelhoe ysmuur nie. Volgens hulle beweeg die aarde ook nie in n baan om die son nie maar is die aarde die middelpunt van die heelal.

Philip ·

Dawie die Aarde is beslis plat maar ‘n sekelmaan het niks met die Aarde se skaduwee uit te waai nie, absoluut niks nie.

Philip ·

Dawie die Aarde is beslis rond maar die Aarde se skaduwee het niks met sekelmaan te doen nie, absoluut niks nie.

Johan C. ·

Jan N. ek stem saam met jou en soos jy weet is daar baie ander, maar vergeet dit om ander hier te probeer oortuig.

BenaYaHU ·

“want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.” Openbaring 12:9
Sien gerus ook 1 Kronieke 16:30 ; Psalm 93:1 ; Psalm 96:10 ; Psalm 104:5 ; Jesaja 45:18
Die figuurlike asook metaforiese konteks ten spyt, die misleiding strek DIEP!
Daar is die wat verwys na “bewyse” vir ‘n “planeet aarde”, maar skoei daardie bewyse op hul s.g. “onderrig” & “wiskundige formules”.. al OOIT gewonder/bewys wie daardie teorieë in ‘n handleiding gepen het. Die wetenskap wat elke nou & dan moet ERKEN hulle teorieë skiet ver tekort, en moet aangepas word.
So, wees eerlik & opreg met jouself, en vra jouself af of jy dalk OOK mislei mag wees?
Die Waarheid alleen Bevry.. en daardie is NIE die menslike wysheid & arrogansie..

Jc ·

My vrasg is wat hy gaan se en doen wanneer hy sien die aarde is rond?

Theo ·

Phillip
Help my uit hier asb as die aarde se skaduwee nie die sekelmaan veroorsaak nie wat doen dan? Dalk n swerm ruimte muise wat maan kaas eet? Of dalk eeu oue loadshedding?

RB ·

Dit is die Son wat die maan van die kant af belig…dit het niks met die aarde se skaduwee te doen nie. Die aarde se skaduwee kom net in wanneer ‘n maan eklips gebeur…nie met elke maand se gewone maan-fases nie.

CJ ·

Theo. ‘n Mens se aardrykskunde verroes maar lekker. ‘n Mens kan soms wel die aarde se skaduwee op die maan sien, maar dit is net met ‘n maansverduistering (wanneer die aarde tussen die son en die maan is). Dit gebeur maar min. Die sekelmaan word veroorsaak deur die volgende: die maan wentel om die aarde. Die son verlig die helfte van die maan wat na die son toe wys, die ander helfte van die maan word natuurlik nie verlig nie. Die sekelmaan (helder deel van die maan), is die deel van die maan wat deur die son verlig word en vanaf die aarde gesien kan word. Die donker deel van die maan, is die deel van die maan wat nie deur die son verlig word nie en vanaf die aarde gesien word. Die sekelmaan word dus veroorsaak deur die son wat die maan verlig, maar die hoek vanaf die aarde na die maan na die son (wat bepaal word waar op sy wentelbaan om die aarde die maan is) veroorsaak dat ons dan net ‘n gedeelte van hierdie verligte maan van die aarde af kan sien. Terloops, die vorm van ‘n sekelmaan is natuurlik ‘n bewys dat die maan rond is.

Gawie ·

Theo
Jy verwar die fases van die maan met ‘n maansverduistering. ‘n Sekelmaan word gesien as die son die maan van die kant af verlig. Met ‘n maansverduistering val die aarde se skaduwee op die maan. Ongelukkig sal dit ook nie die plat-aarde ouens oortuig nie, want hulle sê dis die plat skyf se skaduwee wat ons sien.

Pop ·

Ai Jan, dis nie koel om jou onkunde met ander te deel nie. Ek het nie vir een sek geglo dat die mad Mike rerig dink die aarde is plat nie. Toe kom diè Jan en se ook so. Rerig????in ons tyd, niks kan my meer skok nie. En ons is bekommerd oor n ongeletterde Zuma.

Plantasie Gorilla ·

Natuurlik is die aarde plat, as jy enige atlas of padkaart oopmaak sal jy onmiddelik sien hoe plat dit is.

Ai ·

Plantasie gorilla ek het SOOO gelag vir jou. Jy MOET reg wees!!

Christo ·

Ek hoop regtig die aarde is plat. Daar is ‘n paar mense wat ek oor die kant wil stoot.

Elkgeval, dis net die Amerikaners wat met sulke fop nuus goed vorendag kan kom. Kyk hier:

https://www.tfes.org/

Hendrik ·

Ek hoop nie die waarheid gaan hom platslaan nie! Hoekom is sy vuurpyl rond? Ek sou dink n plat vuurpyl sou heelwat meer sin gemaak het!

Rabes ·

Julle moet verstaan hoekom alles in die hemelruim rond lyk die kamera lense is rond en kyk jy met die blote oog dan is dit ook rond want jou oë is rond.

Bosbok ·

So as ek n vierkantige bril opsit, gaan die aarde n vierkant wees?

Ek kan nie wag ·

Ons wag in spanning om sy bevindinge en “bewyse” na Saterdag te lees!

Kiepie ·

My eerste vraag: Wat sal NASA en Elon Musk daarby baat om te beweer die aarde is rond as dit eintlik plat is?
My tweede vraag: Indien die aarde wel plat is, waar gaan die son in die nag heen? Of skakel iemand dit af?
MY enigste voorspelling: Die man en sy vuurpyl gaan plat wees na hierdie oefening.

Jakkie ·

Van die plat aarde argumente is verbasend kreatief en intelligent. Dit laat my regtig dink dat sommige van hul proponente weet die aarde is rond maar hul vorm hul argumente as ‘n soort van ‘n sosiale eksperiment om te sien wie glo dit of hoeveel teen argumente hulle kry. Weet egter nie so mooi van Mike Hughes nie…

fm ·

Groot Asseblief – moenie onder die invloed van brandewyn (veral die PLAT bottels) kommentaar lewer nie. Vra asseblief vir iemand om die rekenaar weg te sluit wanneer daar brandewyn gedrink word of dagga gerook word maar moet asseblief nie gerook of gedrink kommentaar lewer nie! Baie baie dankie.

Lekker Piet ·

Ag nee ou Mike gaan bietjie verder as die 548meter en dan bring jy vir ons almal n lekker stukkie kaas van die maan af.

Dink ·

Dankie tog daar is nog mense wat logies dink. Ek bly ook nie op n spinnende bal nie. Lyk my die floried werk.

Johan van Kilnerpark ·

Julle is almal verkeerd ! Die aarde is ń ronde deurskynende bal. Onderste helfte met grond opgevul en boonste helfte lug. Dus sit ons op ń plat aarde al is hy rond – los dit nie die probleem op nie ?

T.Strydom ·

Vermetel om vir my te sê my e-pos adres is nie geldig nie. Stuur menige boodskappe en ontvang e-posse . Hoe kan dit gebeur as dit nie geldig is nie

Klip Inniebos ·

Ek het ‘n vraag vir al die slim mense hier. Ons het al baie gereis en die hele aarde-wat-draai-ding laat my wonder…. Hoekom is die vlugtyd presies dieselfde as jy vanaf Johannesburg na Los Angeles (Oos na Wes) en vanaf Los Angeles na Johannesburg (Wes na Oos) vlieg?

Johan ·

As mens te besig of te lui is om navorsing vir jouself te doen- dan stagneer jou brein en begin jy maar net soos n refleks reageer op iets wat jy hoor. Daar is n magdom goeie navorsing wat die vorm van die aarde bevraagteken. Die King James Bybel asook Henog se aarde is PLAT. Doen maar self navorsing of gooi maar klippe na die mal mense.

fourijm ·

Hy moet net om daai ys rand ding vlieg. miskien ontdek hy nog ‘n aarde aan die anderkant, vol liefde en vrede . ( ‘n munt het mos 2 kante, ‘n plat aarde seker oo k. ) Of nee wag, hy sal dan seker afval en vir ewig bly val. Lol. Al wat hy hoef te doen om te bewys dat die aarde nie plat is nie, is om 2 pelle te bel, sommer op “conference call”, een in die noorde vd land waar hy bly, en een in die suide. Laat elkeen dan ‘n reguit stok van spesifieke lengte vertikaal (waterpas) in die grond inkap., en se dan vir altwee pelle, meet die lengte vd skaduwee NOU. Dan gebruik hy bietjie wiskunde (as sy kop nie so plat is soos die aarde nie) , en werk die hoek vd skaduwee uit, wat verskil afhangende van hoe ver noord of suid hulle is, trouens hy kan sommer die omtrek vd aarde ook so uitwerk, die Grieke het dit al duisense jare gelede gedoen en hulle het nie eers selfone gehad nie. Wonder of die plat in die kop aarde mense ‘n grap maak, en of hulle ernstig is oor die plat aarde?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.