Kensington Market in Toronto, Kanada sit met ʼn algemene probleem: ʼn pad vol slaggate wat nie reggemaak word nie. Die stadsraad het egter ʼn eienaardige rede aangevoer waarom dié pad nie reggemaak mag word nie: die eienaar van die pad is al 118 jaar lank dood, berig CBC.
Staatsamptenare voer aan, volgens hul rekords, is die pad privaat eiendom. Dit is op ʼn stuk grond wat al sedert 1861 aan Robert Brittain Denison behoort. Hy is in 1900 oorlede nadat hy meeste van sy 12 kinders oorleef het.
Watter rekords ook al bestaan het, het verlore gegaan en ʼn woordvoerder van die Denison-familie voer aan hulle weet niks van die stuk pad nie.
Inwoners voer aan die besige pad dien eerder as ʼn deurgang. ʼn Plaaslike raadslid het gesê hy sal deur die stadsraad poog om die grond te onteien sodat dit toestemming het om die pad in stand te hou.
Van die dieper gate is intussen gevul sedert daar oor die storie berig is. Die stad ontken egter dat dit hulle werk is en inwoners voer aan hulle weet nie wie die goeie samaritaan was nie.
Hier kan nou vir ons ‘n voorbeeld wees van Onteieningswet Sonder Vergoeding. In die openbare belang.
Wat ander suid afrikaners wat sal gee om die stuk grond te kan eis………na regmaak!
Dus al die paaie en Lichtenburg is privaat eiendom!
Ek neem aan dis seker hoekom die ANC ook nie die paaie herstel nie…..