Die perfekte ouderdom om te trou?

Argieffoto (Foto: Tú Anh/Pixabay)

Volgens ʼn teorie is daar ʼn perfekte ouderdom om te trou.

In hul boek, Algorithms to Live By: The Computer Science of Human Decisions, voer die kognitiewe wetenskaplike Tom Griffiths en joernalis Brian Christian aan die beste ouderdom om te trou is 26.

The Independent berig volgens die algoritme bereik mens die perfekte punt om ʼn besluit te maak wanneer jy 37% van ‘n betrokke taak afgehandel het.

Wanneer jy dus in ʼn beperkte tyd verskeie opsies moet oorweeg, byvoorbeeld voornemende werknemers, ʼn nuwe huis, of ʼn lewensmaat, is die beste tyd om ʼn besluit te maak wanneer jy na 37% van die opsies gekyk het. In hierdie stadium het jy genoeg inligting ingesamel om ʼn deurdagte besluit te maak, en terselfdertyd het jy nog nie te veel tyd gemors deur meer opsies te oorweeg as wat nodig is nie.

As die gewone mens dus na hul perfekte lewensmaat op soek is tussen ouderdom 18 en 40, is 26 die ideale ouderdom, omdat jy dan 37% deur die 22 jaar is.

Volgens die teorie gaan jy te veel stry as jy jonger of ouer is as 26 en dinge kan dalk skeefloop.

Nicholas H Wolfinger, sosioloog van die Universiteit van Utah, stem egter nie saam nie. Hy het in Julie 2015 aangevoer die beste ouderdom om te trou, en egskeiding te vermy, is tussen 28 en 32 – dis nader aan 45%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

VaalDonkie ·

Net nadat jy klaar is met varsity, maar voordat jou markwaarde so vinnig soos ‘n tweedehandse BMW s’n begin val.

Jack ·

Vir wie is 26 die beste ouerdom om te trou? Mans of dames? ‘n Man se huweliksmarkwaarde neem toe soos hy ouer word (meer gevestig in sy loopbaan, groter inkomste) terwyl ‘n dame se huweliksmarkwaarde afneem soos sy ouer word (verlies van jeugdige fleur, vrugbaarheid).
Stellings soos die opskrif van hierdie artikel is sofismes, klink op die oog af goed maar is sommer nonsens.

Groen Ghoen ·

‘n Arabiese spreekwoord: “Die huwelik is soos ‘n stad onder beleg: Diegene wat daarbinne is wil daar uitkom. Diegene wat buitekant is, wil daar inkom.”

Boksombende ·

Die beste tyd om te trou hang af onder andere van jou lewens uitsig, hoe jy groot gemaak is, en jou temprament. Ek ken mense wat op 21 getrou het en fantasties doen, en die wat later getrou het en hulle huwelik is ‘n gemors.

Aan die einde van die dag is die beste raad dat altwee mense se lewens aan die Here behoort en dat hulle gewei aan Hom is, want dan sal altwee bereid wees om deur enige moeilikheid te werk want hulle doen dit vir Hom.

ANELEE ·

EK EN MY MAN HET GETROU AS N JONG PARTJIE ,EK WAT 23 EN HY 27 EN ONS HET 2 KINDERS
EN ONS IS BAIE GELUKKIG …
EK DINK NET AS JY WEET JY WIL VIR ALTYD SAAM DAAI PERSOON WEES KAN JY TROU WANER JY WIL AS JY HASTIG IS EN WEET NIR HOEKOM JY RERIG TROU NIE IS DIT WANNER JOU PROBLEME BEGIN…
DIS NET MY OPINIE

daarsdit ·

Het my man op skool ontmoet toe ek 15 was. Januarie 1998 na ek matriek geskryf het is ons getroud was maar 18, het eers als saam geniet en 10 jaar gewag om kinders te kry. Is nou nog gelukkig en saam. Ek dink dit is ‘n persoonlike keuse.

Leeuwyfie ·

Ons Afrikaners is besig om uit te sterf want mense wil vir solank as moontlik hul lewe geniet/sukses leertjie klim. ‘n Mens leer onselfsugtigheid die beste wanneer jy ‘n familie word. Ons moet weer terugkom na gesonde familie waardes. Ek sien al hoe meer mense sukkel om kinders te kry. Die beste tyd vir ‘n vrou om te trou is na 18 en voor 25 en dan kinders kry so gou as moontlik. Ons is besig om van onsself ontslae te raak, want party mense kry net een kind en die meeste 2. Op hierdie manier vervang jy glad nie of net jouself en jou bevolking groei nie. Ons kinders is ons toekoms. En eendag gaan hulle ons verwyt oor ons te lui was om ‘n groot gesin te bou. Ons voorouers was brandarm, maar hul gesinne was groot. Dis moeilik, maar absoluut die moeite werd om ons toekoms te verseker en ons te help om ons eie besighede te bou. So bêre maar die voorbehoedmiddel en bou aan ons toekoms. Kinders is ons toekoms en geld vergaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.