Die prentjie wat verdwyn hoe langer jy daarna kyk …

Grafika via NightBreeze13, Reddit

Kyk mooi na die aangehegte foto. Fokus op die middelpunt. Ná ʼn paar sekondes sal jy sien dat dit begin verdof en binne ongeveer ʼn minuut sal al die kleure verdof sodat jy net ʼn wit agtergrond sien.

Totdat jy jou oë knip.

Sodra jy jou oë beweeg, of weer aandag gee aan die foto, sal die kleure weer verskyn.

Dis ʼn optiese illusie genaamd “Troxler se effek”, vernoem na Ignaz Troxler, ʼn Switserse dokter, politikus en filosoof wat in 1780 gebore is. Hy het ʼn lang loopbaan gehad, maar is veral bekend vir hierdie spesifieke effek wat hy ontdek het.

Die beelde verdwyn natuurlik nie regtig nie, dis maar net ʼn illustrasie van hoe ons brein duisende sensasies hanteer. Sonder dat ons dit besef, filtreer die brein eksterne inligting, sodat ons op die belangrike inligting kan fokus.

Die brein sny visuele prikkels uit wat nie verander nie, en daarom verdof die kleure in hierdie foto. Wanneer jy op die middelpunt fokus, “besluit” die brein dat die vorms nie belangrik is nie, en vul die res van die beeld met die wit buiterand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Naomi ·

Vreemde, niks vertoon wit nie, niks verdwyn nie, inteendeel die middelste kol waarop en fokus verdonker. Selfs die 3d prente wat mens key wat die voorwerpe uitstaan…ek sien die anders om, die voorwerp skuif agtertoe. Dit wat ander voor sien en staan uit, sien ek vreeslik diep agter. Weet iemand dalk hoekom.?

Nettie ·

Daar is seker maar iets verkeerd met my, want wraggies, daai prentjie bly nes dit is – gaan nie weg nie en die wit verskyn ook nie, my oge is seker maar te skerp daarvoor …………

Vermeendes ·

Moenie jou oë rond beweeg nie, kyk net stip op een plek dan lyk dit soos mis wat voor die prent in beweeg soos hy witter word maar hy raak nie heeltemal weg nie.

Andre ·

Ek is kleurblind en dit werk nie vir my nie, dit lyk die heletyd dieselfde

ROZELLE ·

Ongelooflik… Fokus op een punt sonder om jou oë te knip. Dit werk regtig so. Mens se brein is ongelooflik.

johan II ·

Dit werk! Na n minuut sit my foon se skerm af, dan verdwyn alles!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.