Sosiale media het behoorlik ontplof… en dit oor ʼn rok. Dit is die rok se kleur wat ʼn groot debat ontlok – met sommige mense wat meen die rok is blou en swart en ander sê die rok is beslis wit en goud.
The Business Insider berig dat ʼn foto van die rok die eerste keer op Tumblr verskyn het en vinnig soos ʼn veldbrand versprei het.
Volgens die berig het die rekenaarprogram PhotoShop dalk die antwoord oor hoekom verskillende mense verskillende kleure sien. Die een kleur val op die grens tussen swart en goud terwyl die ander kleur op die grens tussen blou en wit val.
Dit blyk dus dat mense die rok in verskillende kleure sien afhangende van hoe hul oë by die kleure aanpas. Indien jou oë meer sensitief is vir blou en swart, is dit die kleure wat jy gaan sien terwyl mense wat se oë meer sensitief is vir ligter kleure, die rok as wit en goud gaan sien. Dit is ook moontlik om die rok een keer as blou en swart te sien en dan later weer as wit en goud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Op die (swak!) foto lyk die vir my blougrys/silwerig en bruin – veral bo rond lyk dit bruin!Ek dink dit he tmaar baie te doen of dit ‘n goeie foto ook is of nie!
Ek sien hom as spierwit en goud. Veral bo. Ondertoe begin die wit lig grys lyk en die goud meer bruin, maar van blou en swart sien ek niks.
Vir my is dit blou en grys bruin
beslis blou en swart
Blou pers en ligbruin meer ‘n mostert kleur.