‘Die rok wat die internet gebreek het’

Sosiale media het behoorlik ontplof… en dit oor ʼn rok. Dit is die rok se kleur wat ʼn groot debat ontlok – met sommige mense wat meen die rok is blou en swart en ander sê die rok is beslis wit en goud.

The Business Insider berig dat ʼn foto van die rok die eerste keer op Tumblr verskyn het en vinnig soos ʼn veldbrand versprei het.

Volgens die berig het die rekenaarprogram PhotoShop dalk die antwoord oor hoekom verskillende mense verskillende kleure sien. Die een kleur val op die grens tussen swart en goud terwyl die ander kleur op die grens tussen blou en wit val.

Dit blyk dus dat mense die rok in verskillende kleure sien afhangende van hoe hul oë by die kleure aanpas. Indien jou oë meer sensitief is vir blou en swart, is dit die kleure wat jy gaan sien terwyl mense wat se oë meer sensitief is vir ligter kleure, die rok as wit en goud gaan sien. Dit is ook moontlik om die rok een keer as blou en swart te sien en dan later weer as wit en goud.

rok-kleur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eliza-beth ·

Op die (swak!) foto lyk die vir my blougrys/silwerig en bruin – veral bo rond lyk dit bruin!Ek dink dit he tmaar baie te doen of dit ‘n goeie foto ook is of nie!

Martyn du Plessis ·

@Eliza-beth ek stem saam met jou, alhoewel die boonste ook amper as goud kan deurgaan.

RK ·

Ek sien hom as spierwit en goud. Veral bo. Ondertoe begin die wit lig grys lyk en die goud meer bruin, maar van blou en swart sien ek niks.

Cum Laude ·

Beslis ‘n sagte roosmaryn pienk ondertoon. Linkeroog observasie. Regterbreindominansie neig na ‘n Cyan nagedagte.

Cum Laude ·

Beslis ‘n sagte roosmaryn pienk ondertoon. Linkeroog observasie. Regterbreindominansie neig na ‘n Cyan nagedagte.

Lin ·

Ek sien die blou duidelik, en Dan goudbruin daarby .Ek sien nie 1 dingetjie op die rok wat wit KAN WEES Nie ?

Dewald ·

Wel dit sal help as daar meer lig op die rok konsentreer. Soos dit vir my my lyk is dit wit en goud. Al hoekom sy kleur anders vertoon is die afwesigheid van lig. Maar dis my opinie.

Elize van Straten ·

My vriendin sien blou en swart en wit en goud op verskillende tye. Vir my bly dit blou en swart

Monica A ·

Ek het die rok in gister op internet in wit en goud gesien en vandag is dieselfde rok so pers blou kleur met swart

Jean ·

Dis nie die verskil in mense persepsie alleenlik nie. Daar is baie groter kleur verskille tussen verskillende toestel skerms.

anastasia ·

Daar bestaan so iets soos photoeditor ek het self na die pic op die internet gan kyk en daar was twee prentjies wat presies dieselfde lyk ma wat g.edit is want hoe kan jy die een oomlim die rok blou en swart sien en die volginde goud en wit dis onmoontlik.. it’s all in the mind people, mense maak jou nonsens glo wat nie waar is nie.. dink mooi

Gezina Uys ·

Die rok is beslis blou en ‘n verwaterde swart. Geen wit en goud nie!

Ollie ·

Dit het my ook omtrent ‘n halwe nag gekos om te probeer uitvind wat hier aan die gang is, Ek het uiteindelik ook die foto in Paintshop bekyk en toe geleidelik die “lig” daaruit gedoof. Elementêr, my liewe Watson. Ons gebruik rekenaarskerms met verskillende iintensiteite van lig waaraan elkeen se oë gewoond geraak het. Hoe donkerder jou skerm, hoe swarter en blouer die foto! Dis maar al.

Xanika ·

Ek het ñ 3 jarige tweeling (dogtertjies). Ek het eers die foto, sonder om iets te sê, op my selfoon vir een gewys en gevra wat se kleur is die rok en later vir die ander een. Die een het gesê dis wit en bruin en die ander een swart en blou! So verduidelik dit aan my, want dit was dieselfde toestel met presies dieselfde foto…

ilandi ·

Agge nee wraggies. Die petalje laat my aan die Keiser se nuwe klere dink. Kon die media nie aan n beter onderwerp gedink het nie?

Jacques ·

Jy hoort in die parlement lol! Watse kleure sien JY? Nie almal rondom jou nie!

Pixie ·

Ek het beide gesien – en dit voel WEIRD! een oomblik was dit wit en goud en toe ek opkyk blou/pers en swart!

RENE ·

nee sjoe die 1ST keer toe ek dit sien was dit beslis vir my blou en swar en toe ek weer kyk goud en wit maar blou en swart beslis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.