‘Die skoen’ breek nou óók die internet

Die veelbesproke skoen.

Watter kleur is die skoen?

Die vraag het verskeie mense aan die gons nadat dit vandeesweek op sosiale media gedeel is en ʼn soortgelyke stryery tot gevolg het as in Februarie 2015 toe ʼn veelbesproke rok sosiale media laat “ontplof” het.

Net soos die rok, is dit die skoen se kleur wat ʼn groot debat ontlok. Sommige mense meen die skoen is grys en ligblou en ander meen dit is pienk en wit.

Net soos in die geval van die rok het kundiges reeds bevind dit blyk dat mense die skoen in verskillende kleure sien na gelang van hoe hul oë by die kleure aanpas en hoeveel keer ʼn mens se brein al dié kleure verwerk het. Indien jou oë meer sensitief is vir grys en blou, is dit die kleure wat jy gaan sien terwyl mense wie se oë meer sensitief is vir ligter kleure, dit as pienk en wit gaan sien. Dit is ook moontlik dat mense die skoen een keer as pienk en wit gaan sien en later weer as grys en blou.

Maar wat is die regte kleur van die skoen? Die vrou wat aanvanklik die foto op sosiale media gedeel het, het aan Metro UK gesê die skoen is pienk en wit.

‘n Verligte weergawe van die skoen.

Die rok van 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Koos ·

Beslis! Die wat blou en grys sien moet hulle oë laat toets!

Ongelooflik ·

Baie vreemd toe ek die eerste keer die link na die rok volg , toe sien ek die rok as ligblou met goud en ek lees toe almal se kommentare en toe ek terug gaan en weer kyk sien ek dit waaragtig as blou en swart rok! SWART nadat ek dit die eerste keer as GOUD waargeneem het. Dis nou ‘n ding

Lukas ·

Dit hang natuurlik ook af hoe jou rekenaarskerm se kleure (rooi, groen en blou) ingestel is!!

Onnie ·

As di meeste mense, selfs di koper, dan voel ek ook dat da dalk iets skort mt di oë vd mense wt groen of grys sien. My vriend is kleurblind, gediagnoseer, by sien groen en grys. Dis ni n skande ni

E ·

By die verligte weergawe (2 foto’s) is foto 1 ongetwyfel pienk en wit en foto 2 is seegroen en grys. Groot foto heel bo aan die artikel is die skoen grys en seegroen. En nee, ek was nog nooit kleurblind nie.
Die rok was nog altyd vir my ligblou en goud.

Denise ·

Dit lyk vir my oranje en pers die skoen en die rok ligpers!!!!

Illoon ·

Ek sien altwee opsies. as ek die foto oopmaak – heeltemal Grys en groen, en hoe langer ek kyk is dit pienk en wit…
So nou wonder ek of is ek dalk skisofrenies!!!

John ·

Maklike manier om uit te vind wat die kleur is. Vat die foto net so, copy en paste dit in ‘n gewone teken program soos paint en gebruik dan die drupper icon om ‘n copy van elke kleur te maak. Teken met die kleur en kyk wat dit is dit rerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.