Natuurbewaarders van Darwin in die noorde van Australië het ʼn ongewone slang langs die pad opgetel. Die slang het drie oë in plaas van twee gehad.
X-strale het gewys die jong slang, ongeveer 40 cm lank, het ʼn ekstra oogkas op sy kop. Volgens ʼn plasing op die amptelike Facebook-blad van Northern Territories Parks and Wildlife, kan die slang ook met die derde oog ook sien.
Natuurbewaarders het gesê die ekstra oog het waarskynlik as ʼn embrio ontwikkel. Dit is “uiters onwaarskynlik” dat dit die gevolg is van omgewingsfaktore, het die organisasie gesê en bygevoeg misvorming kom gereeld by reptiele voor.
Ag en so het die Liewe Here die ou slangetjie OOK gemaak…
Sommer so in die verbygaan…
Nou sal hy ook met Eva praat?
Lyk so bekend !!!
Daai slang sal nou vir jou ń muis kan vang!!!
Hy kyk nou wyd!
Raar en lelik!!
Baie interessante artikel en fotos!
Dankie Maroela!
Spesies: Skoonma Serpentes Tri Oculi. Vra my, ek weet waarvan ek praat.
‘n Mens het meer as 3 oe nodig met die spesie waarna jy verwys!
So as ek reg verstaan, is hierdie nie ‘n genetiese afwyking nie, en dus sal die “derde oog” waarskynlik dus nie oorgedra word na die slangetjie se nageslagte nie?
Ek wonder nogal of hierdie derde oog ‘n voordeel of ‘n nadeel vir die slangetjie inhou. Aan die een kant gespekuleer word dat die slangetjie se brein nou meer inligting moet prosesseer… maar ek kan sien dat dit ook voordelig kan wees in terme van verbeterde diepte-persepsie en ‘n breër veld van sig, wat handig kan wees wanneer hy/sy jag.
Verstaan ek verkeerd of hoe bedoel hulle die 3de oog het in embrio stadium ontwikkel? Sou dit skielik uitpop terwyl hy in die grassies seil? Natuurlik sou dit mos in die embrio stadium ontwikkel?
Lekker lag ek nou vir jou!
Oh nee daai is een lelike slang.. Ek kruip nou sommer onder my tafel weg.
Hy pik jou left, right and centre!
Skerp :)