Dié stoeltjie is eintlik ʼn handsakkie van R13 000

Die Pavé Chair Bag deur Area op Nordstrom te koop (Foto: Nordstrom.com)

Sosialemediagebruikers lag lekker vir ʼn handsakkie in die vorm van ʼn klein opvoustoeltjie.

Die Pave Chair Bag van Area, wat met kristalle versier is, kos $895 by Nordstrom. As jy dit egter in Suid-Afrika bestel, kos die sakkie sowat R13 800 en met verskepingskoste en aksynsbelasting, sal dit jou byna R24 000 uit die sak jaag.

Die handsakkie het aandag getrek toe die gebruiker Lexi Brown dit op Twitter gedeel het. “Een van my stokperdjies is om belaglike items op te spoor wat Nordstrom’s te koop aanbied. Dié is dalk my beste vonds nog.”

Die handelsmerk erken self dat jy nie enigiets daarin kan dra nie. “Dit was te sien op die loopplank by New York Fashion Week. Dié blink objet d’art kan nie eintlik enigiets dra nie; dit is ʼn gesprekspunt.”

Nordstrom skryf in sy beskrywing jy sal altyd ʼn sitplek in die voorste ry hê met dié blink opvoustoeltjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rentia ·

Hoe eenvoudig kan ‘n mens nou wees… Of is dit geld wat brand?

Misky ·

Dan kan hulle dit mos nie ‘n “handsakkie” noem nie en dis bykomstighede. My handsak moet my beursie, lipstiffie en wat nog alles kan in hou. Wat gaan ek met ‘n stoeltjie maak? (eintlik my handsak nodig om die stoel in te bêre)….. lekker giggel ek nou

Charllas ·

Ñ handsak moet plek hê vir teen minste iets. Die ding gaan ie eens ñ panty-liner kan vat nie! Nee wat nie eens verniet nie…. dis soos ñ wit olifant!

Sandra ·

Die simpelste duur item wat ek nog ooit gesien het. Ek gaan een van hout laat maak en dit oortrek met blink krale en dit verkoop vir 10x minder as ‘n handsakkie. Hoe op aarde kan mens soveel spandeer op iets wat geen waarde het as ‘n eintlike handsakkie. So jy sal jou selfoon, kam en lipstiffie in jou hande of sakke moet dra. So simpel. Ek weet daar is mense wat dit sal koop en hulle geld mors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.