Die storie agter die skreeusnaakse haaifoto

Foto: cbsnews.com

Foto: cbsnews.com

Die afgelope tyd is ʼn haaifoto op sosiale media gedeel wat mense vreeslik laat skaterlag het. Die foto wys hoe ʼn haai sy neus uit die water druk en sy tande wys – dit lyk amper asof die haai skree of pyn ervaar.

Toe Robert Petersen, ʼn student in Reno, Nevada (VSA), dié foto sien, het hy aan ʼn oulike byskrif gedink en die foto dadelik op sosiale media gedeel. Die byskrif lui: “ʼn Seldsame foto van ʼn haai wat op ʼn Lego trap.”

Robert se foto is meer as 86 000 keer op Twitter gedeel, en 151 000 keer “gelike” op Facebook.

“Almal weet presies hoe dit voel om op ʼn Lego-blokkie te trap. Daai pyn is universeel,” skerts Robert. Dié meme is reeds wêreldwyd bekend en het al opgeduik in lande soos Rusland.

“Dit is wonderlik om te sien dat soveel mense dit geniet. ʼn Mens raak soms depressief met al die slegte nuus en die stryery oor politiek. Dit was lekker om te sien dat so iets kleins soveel vreugde kan bring.”

Die oorspronklike foto behoort aan fotograaf Mike Coots, iemand wat hom beywer vir die beskerming van haaie. Al het Mike sy been verloor tydens ʼn haai-aanval in 1997, gebruik hy sy foto’s van haaie om bewusmaking te skep.

“Ek het die foto geneem toe ek by my meisie in Nieu-Seeland was. As Kersgeskenk het ek haar verras met ʼn duiksessie saam met haaie naby Steward-eiland.”

En wat dink Mike van die foto?

“Daar is baie mites oor haaie – veral dat hulle doodsmasjiene is wat geen gevoelens het nie. Ek dink om humor te gebruik met so ʼn foto, wat dalk vreesaanjaend kan wees, vat daai vrees weg. Dit is wonderlik.”

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.