Dulcine Carney, ʼn arbeidsterapeut van Norfolk in Engeland, was met vakansie saam met haar susterskinders by Center Parcs in Sherwood Forest toe ʼn swaan onverwags by hulle besoek afgelê het.
Carney verduidelik sy het net vir ʼn rukkie met haar oë toe gesit en ontspan, toe haar sesjarige susterskind gefluister het dat sy hulp benodig. “Waarmee?” wou sy weet. “Met die swaan.”
Toe Carney haar oë oopmaak, was daar ʼn swaan in die gastehuis – besig om die kinderprogram CBeebies te kyk.
Carney kon uiteindelik met ʼn duvet die swaan uit die huis verjaag. Sy het ʼn foto van die “roofkyker” op Twitter gedeel van waar dit vinnig op sosiale media gedeel is.
Sy sê die swaan het gelukkig nie enige protes aangeteken nie en die huis verlaat. Volgens haar was die swaan “baie vriendelik”.
“Swane kan ernstige beserings aan mense aanrig met hul vlerke, so ek was baie versigtig.”
Come to center parcs for a much needed recharge. With my eyes closed relaxing my 6 year old niece said quietly "Aunty I need your help" I asked "what with"? "The swan" she replied. I laughed & asked "what swan" opened my eyes….. pic.twitter.com/WQZ3NiECdm
— Dulcine Carney (@DulcineCarney) March 3, 2019
EK is seker die swaan sal die balet opvoering” swaanemeer “baie geniet op TV
aaaaaawwwwwwwwwww sweet los die swaan dat die maar bietjie TV kyk, pla mos niemand
Dis vreeslik oulik?
Dis so sweet. Diere is wonderlike goed.
Is jy seker hy het nie in die pot beland nie?
Ag dis dierbaar.