Dié tatoes verdwyn na ʼn jaar

Argieffoto

Argieffoto

As jy al ooit ʼn tatoe oorweeg het, maar jouself nie wil verbind tot ʼn lewenslange besluit nie, is dié nuwe tatoeëermerk jou antwoord.

Ephemeral, wat deur ʼn groep gegradueerdes in New York op die been gebring is, het ʼn spesiale tipe tatoeëer-ink ontwerp wat binne ʼn jaar verdwyn.

Ná ʼn jaar begin die tatoe verbleik en jy kan dan besluit om óf weer die oorspronklike ontwerp aan te pas, of bloot daarvan ontslae te raak.

Boonop benodig bestaande tatoe-kunstenaars nie gespesialiseerde toerusting om die nuwe ink te gebruik nie.

Bestaande tatoeëermerke kan tans slegs deur ʼn pynvolle en duur lasertegniek verwyder word.

Brian Heater van TechCrunch verduidelik Ephemeral se ink gebruik kleiner molekules wat deur ʼn spesiale oplossing “uitgespoel” kan word.

Die span het in 2015 ʼn entrepreneurskapkompetisie by New York-universiteit gewen en $200 000 ontvang om die ink te ontwikkel.

Ephemeral se nuwe ink sal na verwagting van 2017 beskikbaar wees.

Besoek Ephemeral se webwerf of Facebook-blad
Lees meer: TechCrunch, Gadgette.com, Digital Trends

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

charlene ·

Maar wat is die nut dan van `n tatoo wat na `n jaar net weg is??????
Jy kry `n tattoo met die wete dat dit `n permanete ding is.

Asjas ·

Dis soos ‘n haarstyl of kleur, dankie tog nou kan ek besin of my mind change.

snuffels ·

Sorry Mike Tyson, as dit maar net vroeer uitgevind was, was jou gesig nie so n gemors nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.