
Die Lulla Doll (Foto: Instagram via Lulla Doll)
Die vervaardiger Roro het onlangs ʼn teddiebeer ontwerp wat jou baba op ʼn baie “spesiale” wyse gaan help om snags deur te slaap.
Roro het dié geslagsneutrale teddiebeer, Lulla Doll, in samewerking met drie ma’s ontwerp wat moedeloos was omdat hul babas nie ʼn volle nag se slaap ingekry het nie, berig die webwerf Scoopla.
Die teddiebeer is van ʼn spesiale soort materiaal gemaak wat dit in staat stel om die reuk van die ma en die pa te absorbeer.
“Die kind kry dan die idee dat die ma of pa naby is, omdat hulle hom of haar ruik,” skryf Scoopla.
ʼn Groothandelaankoper het aan The Daily Telegraph vertel daar is reeds ʼn waglys tot in September vir dié teddiebeer.
Só ʼn speelding sal jou sowat R1 400 uit die sak jaag. Besoek Lulla Doll se Facebook-blad en webwerf vir meer inligting.
Bron: Scoopla
- Die Lulla Doll (Foto: Instagram via Lulla Doll)
- Die Lulla Doll (Foto: Instagram via Lulla Doll)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
As ek die fondse gehad het sou ek eenaanfeskaf het vir my klein seun. Hy dink mos op 4maande hy is groot en wil nie slaap. Ek mort gereeld bel sodat hy net my stem hoor dan is hy rustig?
As ek die fondse gehad het het ek een gekry vir my klein seun. Hy wil nie slaap nie. Ek moet gereeld bel om met hom te praat sodat hy kan rustig raak en kan slaap
Dit is nou wraggies OULIK !!!
Wens ek het een gehad toe my 3 babas was.
Dit lyk my die vervaardiger dink dis net ryk mense se kinders wat sukkel om te slaap? Hoekom moet dit so buitensporig duur wees? Onrealisties!
My nagrok in my baba se bed het net so goed gewerk …