Dié teddiebeer laat jou baba snoesig slaap

Die Lulla Doll (Foto: Instagram via Lulla Doll)

Die Lulla Doll (Foto: Instagram via Lulla Doll)

Die vervaardiger Roro het onlangs ʼn teddiebeer ontwerp wat jou baba op ʼn baie “spesiale” wyse gaan help om snags deur te slaap.

Roro het dié geslagsneutrale teddiebeer, Lulla Doll, in samewerking met drie ma’s ontwerp wat moedeloos was omdat hul babas nie ʼn volle nag se slaap ingekry het nie, berig die webwerf Scoopla.

Die teddiebeer is van ʼn spesiale soort materiaal gemaak wat dit in staat stel om die reuk van die ma en die pa te absorbeer.

“Die kind kry dan die idee dat die ma of pa naby is, omdat hulle hom of haar ruik,” skryf Scoopla.

ʼn Groothandelaankoper het aan The Daily Telegraph vertel daar is reeds ʼn waglys tot in September vir dié teddiebeer.

Só ʼn speelding sal jou sowat R1 400 uit die sak jaag. Besoek Lulla Doll se Facebook-blad en webwerf vir meer inligting.

Bron: Scoopla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Spinnekop ·

As ek die fondse gehad het sou ek eenaanfeskaf het vir my klein seun. Hy dink mos op 4maande hy is groot en wil nie slaap. Ek mort gereeld bel sodat hy net my stem hoor dan is hy rustig?

Spinnekop ·

As ek die fondse gehad het het ek een gekry vir my klein seun. Hy wil nie slaap nie. Ek moet gereeld bel om met hom te praat sodat hy kan rustig raak en kan slaap

LS ·

Dit is nou wraggies OULIK !!!
Wens ek het een gehad toe my 3 babas was.

Johanel ·

Dit lyk my die vervaardiger dink dis net ryk mense se kinders wat sukkel om te slaap? Hoekom moet dit so buitensporig duur wees? Onrealisties!

Linda ·

Dit is nou ‘n wonderlike idee, veral vir siek kindertjies en die wat kanker het en so lank in die hospitaal MOËT Bly. Ek weet Ek kan nie nou een Koop nie , maar my vriendin SE dogtertjie van 5 Maande Mieke gaan volgende Donderdag in hospitaal toe vir ‘n breinoperasie die 5 de, maar Ek dink die poppie sou net ‘n Klein troos wees. Maar Ons het meer gebede nodig. Miskien kan Ek Ons lesers vra om tòg asb vir Ons Mieke te bid ASB. Ek Glo God Sal die kleinding veilig hou , en Ek sè Solank Dankie , maar nog gebede is so nodig.
Baie Dankie Alle lesers .
Groete
Linda

Desperate Ma ·

Ons het een. Die afgelope 2 1/2 jaar elke uur op met my klein meisiekind wat nie slaap. Toetse en medikasie later het ek uit desperaatheid een aangeskaf en nou is sy net 1 -2 keer wakker ‘n nag vandat Lulla by ons woon. Ek voel soos nuwe mens. Welkom Lulla.

Annalie ·

Dat dit nou die “slim” mense nou soveel jaar gevat het om dit uit te vind. Herinner my aan ou gediggie van hondjie ” hier lê ek en ma op baas op baadjie….” . As die prinsiep vir my “skeidingsangs getraumatiseerde” worshond kan werk, kan dit mos vir n baba ook week. “Ek ruik ma, ek is veilig”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.