Die toekoms van oefenklere?

Skin II deur Rosie Broadhead (Foto: Karl Felix)

Dis baie belangrik vir enige ontwerper om die materiaal van ʼn kledingstuk in gedagte te hou. Verbruikers eis boonop ook al hoe meer inligting oor die oorsprong en omgewingsimpak van materiaal wat gebruik word.

Tekstielfabrieke vervaardig egter gewoonlik materiaal op groot skaal en dit is dus onbekostigbaar en nie toeganklik vir jong ontwerpers nie. Dit beperk gewoonlik ook hul betrokkenheid in die ontwerp en vervaardiging van materiale.

Daar is egter ʼn neiging vir jong ontwerpers om afvalprodukte en biologiese stelsels te gebruik om splinternuwe materiale te ontwerp en hulle herskep die idee van luuksheid, etiek, welstand en volhoubaarheid.

Een van dié ontwerpers is Rosie Broadhead, wat ondersoek instel oor die voordele daarvan om probiotiese bakterie te vermeng met tekstiel wat in kontak kom met ʼn mens se vel.

Broadhead spesialiseer in biomateriale in die modebedryf. Sy het onlangs haar MA-graad behaal by Central Saint Martins, ʼn kollege in Engeland. Sy stel veral belang in die interaksie van materiaal op die mens se vel en hoe wetenskap en tegnologie die toekoms van die modebedryf sal beïnvloed.

Broadhead se jongste projek, wat sy as deel van haar nagraadse studies ontwerp het, is “Skin II”- probiotiese klere. Sy het saam met die mikrobioloog dr. Chris Callewaert gewerk om die natuurlike biologiese funksie van die vel in kombinasie met alledaagse klere te bestudeer.

Die materiaal van die grys lyfpak, “Skin II”, bevat gesonde probiotiese bakterie en dit verminder liggaamsreuke. “Dit is nie die sweet op jou lyf wat reuke veroorsaak nie, dit is die bakterie,” het Broadhead verduidelik. Die gesonde bakterie in die tekstiel veroorsaak gevolglik ʼn gesonde mikrobioom wat dus liggaamsreuke sal verminder.

Volgens haar sal dit ook selhernuwing aanmoedig en is dus goed vir die vel se immuunstelsel.

Broadhead en Callewaert is van voornemens om Skin II te kommersialiseer en hulle is vol verwagting om ʼn oefenklerereeks te ontwerp wat dieselfde tegnologie gebruik.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louir ·

Ek gebruik iets soortsgelyk, 2nd skins (nee, nie wetsuits nie) en dis teen my vel, en oefen fantasties. Tussen my eerste 3 Iron Mans en toe na dié geskuif vir 4 en 5 en dit help baie!

Karolis ·

So dan het die ou wat agter jou hol niks meer te sê nie.
Klink na ‘n goeie uitvindsel.

Amanda ·

En wat gebeur met hierdie goeie bakterië wanneer jy die oefenklere was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.