Die twee minuut lange fliek wat jou hartsnare roer

Skermgreep uit die video

Dié kortfliek sal jou hartsnare roer, selfs al verstaan jy nie die woorde nie.

Die 20-jarige Irannese filmvervaardiger Syed Mohammad Reza Kheradmand weet presies hoe om ʼn spesiale boodskap in minder as 120 sekondes oor te dra. Sy fliek, Thursday Appointment, is onlangs met ʼn toekenning by die Luxor African Film Festival bekroon.

Dié filmfees is ʼn niewinsgewende organisasie wat die filmbedryf in Afrika bevorder en vier.

Die kragtige kortfliek wys ʼn ouer getroude paar wat die gedig van Hafez aan mekaar voordra. Hulle hou by ʼn rooi lig stil en sien hoe ʼn paartjie in die motor langs hulle baklei. Die ouer paar wys dan deur hul gebaar hoe liefde kan help om ander mense om ons te laat versoen en hulle op te bou.

Die fliek is op YouTube gedeel en een van die gebruikers verduidelik onderaan in die kommentaar dat dit ʼn gewoonte is om blomme op ʼn geliefde se graf te sit. Die grafsteen word met rooswater gewas sodat dit altyd welriekend sal wees. Geliefdes bring ook lekkergoed (of in hierdie geval dadels) wat jy aan ander kan gee om ʼn bietjie soetigheid te bring in oomblikke van bitterheid en hartseer en dat diegene wat dit eet, die geliefde in hul gedagtes en gebede sal hou.

Hier is die kortfliek sonder onderskrifte:

Hier is die kortfliek met onderskrifte:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elna Martins ·

Treffend in n wêreld van haat en afguns teenoor medemens.

Veldblom ·

Dit is ‘n baie treffende kort film. Ek het ook ‘n traan gepik.

Cauin ·

Wat van n paar kort rolprente oor ander gelowe ook om dit meer aanvaarbaar te maak vir die sogenaamde Christen . Ons gaan nog baie trane “pik” oor die kompromiee aangegaan

Gelukkige ouvrou ·

Ek en my man is byna 30jaar getroud,nadat ons as baie baie jong tieners getroud is.As ek dink al die sakke sout wat ons opgeeet het,en al die opdraandes wat ons deurstaan het,dan kan ek net my Vader dank vir Sy genade.Vandag se huwelike land hopeloos te vinnig in die skeihof.Paartjies moet meer tyd saam,en saam God spandeer en minder saam “vriende”.Wie kry gewoonlik die seerste…..die arme kinders.Ek praat uit ondervinding,kom self uit n gebroke huis.Ek het myself en voor God belowe,ek sal dit waardeur ek is,NOOIT aan my kinders doen nie.Dink mooi voor jy die keuse maak om te trou,maar dink nog mooier voor jy skei.

Frank Ehmke ·

Soms is al wat nodig is ‘n oor wat LUISTER -en ‘n mond wat Nie Praat nie. Die liewe Here het in Sy wysheid ons twee ore en EEN tong gegee.Onthou ook dat ‘n baba of ‘n oormaat liefde nog nooit huweliksprobleme soos b.v. drank- of emosionele- of psigiatriese probleme opgelos het nie.Onthou ook Efesiers 5 vers 21 “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.