Dié video is nie vir sissies nie

Skermgreep uit die video

ʼn Smal paadjie in Himachal Pradesh in Indië is nie vir bangbroeke nie. ʼn Video van ʼn voertuig wat in die pad ry, laat sosialemediagebruikers se nekhare rys.

Die video van die smal, klipperige paadjie is deur Ankur Rapria, ʼn inkomstediensbeampte van Indië, op Twitter gedeel. “Moeilike paaie lei soms tot pragtige bestemmings,” het hy geskryf.

Die video wys ʼn bergpaadjie naby die Sach-pas in Chamba, Himachal Pradesh. Die video wys die uitsig terwyl mens op die pad ry en wys selfs hoe mens verby ʼn waterval ry.

“Ongelooflike Indië,” het Rapria gesê. “Nie ʼn gewone pad nie. Dit is tussen agt en nege maande van die jaar met sneeu bedek.”

Volgens die Indian Roadie-blog het Rapria in Julie 2019 met sy Mahindra Thar-sportnutsvoertuig die Sach-pas oorgesteek. “ʼn Reis na Sach-pas beteken jy sal op ʼn smal, grondpad ry met ʼn skerp opdraande. Daar is boonop ook verskeie watervalle langs die pad.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niklaas ·

Uhh uhh nee , ek sou al lankal omgedraai het , of agteruit weggery het .

Sarah ·

hahahaha hoe sou jy kon omdraai… En vir my om agteruit te ry op die smal paadjie lyk veel erger asom vorentoe te beweeg. Ek dink ek het net daar uitgeklim en terug geloop :)

Eish ·

Nee wat ek word karsiek deur net na die foto van die video van die video te kyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.