As jy vinnig moet raai – wat sou jy sê is die vinnigste dier in die wêreld? As jy sê dit is ʼn cheetah, is dit ʼn goeie raaiskoot. Dié gespikkelde kat haal tussen 109 km/h en 120.7 km/h en kan binne drie sekondes van 0 tot 96,6 km/h versnel. Die cheetah se uithouvermoë is egter beperk.
Dit maak die cheetah die vinnigste dier op land.
Wat van ʼn swartmarlyn? Dié snawelvis, wat op geharde vissermanne se lysie is, haal tot 129 km/h in die water. ʼn Swartmarlyn, aan ʼn vishoek, het al die lyn van ʼn visstok teen 132 km/h afkatrol.
Dit maak van die swartmarlyn die vinnigste dier in die water. ʼn Seilvis is ʼn kortkop agter met ʼn spoed van 109 km/h.
Die vinnigste dier in die wêreld is egter in die lug – alhoewel jy waarskynlik selde een sal raaksien.
Volgens die National Geographic is swerfvalke “die mees algemene roofvoël en vestig op alle kontinente, buiten Antarktika”. Swerfvalke haal tot 389 km/h wanneer hulle prooi in die oog het.
Swerfvalke is die vinnigste dier in die lug, die vinnigste voël en die vinnigste lid van die diereryk.
Die valk is nie ten volle selfs aangedrewe nie, alle spoed wat die visse en the jag luiperd behaal is deur die deir self opgewek… en die feit dat die visse dit in water doen (probeer jy deur water hardloop) maak dit nog meer noemenswaardig…die valk “dont impress me much” in die geval nie
Di uwe klopfer,so jy reken jou feite is korrek,ek dink jy moet meer boeke lees en bietjie gaan studies doen op dit dan sal jy di ware feite kry ???????? Se maar net
Reg. Die valk haal daardie spoed met n lang duik.
Boetie, dit was bietjie ongevraag? Sê eerder vir Uwe hoekom jy dink hy verkeerd is ipv hom aan te val.
In Afrikaans noem ons dit ‘n jagluiperd!
Dankie Johannes! Het my ook gepla..
Met my lyf behoort ek 420km/h te haal as ek by ‘n vliegtuig uitspring!
Lekker Frikkie
Twyfel of jy iets gevang gaan kry, wat nog te se veilig land
@Frikkie,lekker Frik!?Baie skepties oor die visse se spoed,hoe en deur wie is dit gemeet?Free falling is nie impressive nie,n persoon wat uit n vliegtuig val sal ook vinniger as die Cheetah wees.
My oom is ‘n groot diepsee sport visserman. Hy sê die Wahoo is die vinnigste van al die visse, dan die Seilvis dan die Marlyn. Kan iemand help asseblief?
Wahoo is 4de op die lys.
Staatsamptenare is die vinnigste. Dis nog n halfuur voor sluiting dan is hulle al tuis.
Veral die met hulle GTIs
Hoe dit ookal sy – as die mens nie ‘n groot en ontwikkelde brein gehad het nie sou ons sowaar vêr tekort geskiet het invergelyking met diere soos hier genoem.
Haha Andile, hoe lekker lag ek nou … spoed van witlig!!!
Ek stem vir die polisie. ‘n Misdaad moet nog gebeur dan is hulle al op die toneel.
Almal stry en maak grappies. Ek dink dis ongelooflik dat sulke diere / voels/ visse sulke snelhede kan behaal in die natuur sonder mensgemaakte enjins om hul asn te dryf. Sien tog die fenomaliteit raak eerder as te tee te kibbel soos stout kinders
Wat dit nog meer merkwaardig maak, is die feit dit almal roofdiere is, en hulle juis van hul spoed gebruik maak om hul prooi mee te vang. Dis die spoed waarteen hulle hul prooi vang. Dink aan die impak as die roofdier en prooi mekaar tref, bv. die swerfvalk wat van bo afduik en ‘n duif fisies dood stamp, of as jagluiperde hul prooi op daardie spoed vang en dan rol en tol, sonder om oor die algemeen ‘n been te breek of beserings op te doen. Dis ongelooflik.
Ek ken ook ‘n paar jagluiperds wat rondloop. Hy cheat vir haar.
As jy National geograpic se dvd kyk sê hulle dat die vinnigste dier op aarde van alle diere op land in die lug en in die water is die clownshrimp. Hy beweeg teen iets soos 80 millisekondes per uur om sy prooi vas te vang.
Cornelius, wat jy sê maak nie sin nie. Spoed kan nie in tyd teenoor tyd gemeet word nie. Dit moet afstand oor tyd wees.
Ek het regtig gedink afrikaans sprekende mense het meer breins as die lot wat hier kommentaar gelewer het!!!
Dis verstand, nie “breins” nie, professor.
En dis “Afrikaanssprekende”, nie afrikaans sprekende nie (terwyl ons dan nou besig is om ander op grond van hul gebrek aan “breins” af te kraak.)
Nie so fantasties nie. ‘n Gewone sky diver kan teen 480km/h val as hy sy liggaam optimaal “op line”. Die rekord vir ‘n “vry val” is oor die klankgrens.
Ag tog julle!! Bly asb by die onderwerp.. dankie