Die vreemdste Google-soektogte

googleDie wêreldwye soekenjin, Google, is bekend daarvoor dat hy ingespan word om antwoorde op ingewikkelde en soms eenvoudige vrae te verskaf. Die internet is nou op hol oor die vreemdste vrae wat maandeliks op dié soekenjin gesoek word. Die webwerf Digitaloft het die vrae onlangs bekendgemaak.

In ʼn studie wat in 2013 deur die Amerikaanse navorser Samuel Greengard voltooi is, is bewys dié soekenjin beperk mense se vermoë om krities te dink.

“Hoewel dit waar is dat rekenaartegnologie in baie gevalle die menslike brein se vermoë om inligting te verwerk en stoor, versterk, het navorsers ook al bevestig die groot verskeidenheid data wat op die internet beskikbaar is, verander die mens se manier waarop hy ingewikkelde probleme of raaisels aanpak,” het Greengard geskryf.

“Die groot hoeveelhede inligting wat beskikbaar is, kan mens se redenasievermoë negatief beïnvloed,” het hy bygevoeg.

Lees meer oor die studie hier.

Hiermee die vreemdste vrae:

  • Is ek swanger? (990 500 maandelikse trefslae)
  • Hoe kom ek by die huis? (49 500 maandelikse trefslae)
  • Bestaan buite-aardse wesens regtig? (49 500 maandelikse trefslae)
  • Kan ek kalorieë verbrand deur ʼn wind te los? (49 500 maandelikse trefslae)
  • Wanneer gaan ek sterf? (49 500 maandelikse trefslae)
  • Waarom het mans tepels? (22 200 maandelikse navrae)
  • Het pikkewyne knieë? (18 100 maandelikse trefslae)
  • Hoekom is ons hier op aarde? (8 100 maandelikse trefslae)
  • Bestaan die tandemuis werklik? (8 100 maandelikse trefslae)
  • Sweet varke? (8 100 maandelikse trefslae)
  • Lyk my agterstewe soos dié van ʼn 40-jarige? (8 100 maandelikse trefslae)
  • Is die wêreld plat? (5 400 maandelikse trefslae)
  • Is ek ʼn psigopaat? (5 400 maandelikse trefslae)
  • Hoekom wil my motor nie aansluit nie? (4 400 maandelikse trefslae)
  • Het mans ook maandstonde? (3 600 maandelikse trefslae)
  • Het wurms oë? (2 900 maandelikse trefslae)
  • Kan mans ook swanger word? (2 900 maandelikse trefslae)
  • Wat gebeur as jy bloed drink? (880 maandelikse trefslae)
  • Kan ek met my neef of niggie trou? (880 maandelikse trefslae)
  • Hoekom haat my baas my? (170 maandelikse trefslae)

Bron: IFL Science

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

Ek het nog een vir julle: hoe lank gaan Mugabe nog president van Zimbabwe bly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.