Die vriendelikste diertjie ter wêreld?

(Foto:
@cruzysuzy/Instagram)

Quokkas is ʼn tipe wallabie op die Rottnest-eiland, sowat 18 km vanaf die kus van Wes-Australië. Dit is een van die min gebiede in die wêreld waar die quokka aangetref word, omdat daar geen jagdiere uit die katfamilie en ander diere soos jakkalse op die eiland voorkom nie.

ʼn Volwasse mannetjie weeg ongeveer 4,5 kg en is so groot soos ʼn huiskat. Dié nagdiere is herbivore en woon in kolonies.

Blootstelling op sosiale media het dié bedreigde spesie tot voordeel gestrek toe die hutsmerk #quakkaselfie in 2012 gewild geraak het. Foto’s van dié skynbaar vriendelike diertjies het sosiale media aan die gons gehad en al hoe meer toeriste het Rottnest-eiland besoek. Daar is tans sowat 14 000 quokkas op die eiland.

Hulle is baie rustige diertjies en mens kan baie maklik naby aan hulle kom, maar hulle het skerp tande wat baie seer kan byt. Jy kan ʼn boete van AUS$300 (sowat R3 200) opgelê word as jy aan hulle raak.

Verskeie Instagram-profiele is aan dié diertjie toegewy en mens kan nie help om te wonder nie: Is dit dalk die vriendelikste diertjie ter wêreld?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Prikkie ·

Baie oulik. Hoop nie hulle oorbevolk later die eiland nie

Misky ·

Voorwaar ‘n vriendelike gesiggie en lyk of hulle altyd lag. Neusie soos ‘n koala en lyfie soos ‘n dassie. Kostelik!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.