Dié vrou het 18 jaar gelede haar hare gesny

Ni Linmei spog met haar lang lokke

Ni Linmei spog met haar lang lokke

ʼn 60-jarige vrou van Shanxi, China, se hare is twee keer so lank soos sy.

Volgens Ni Linmei het sy laas haar hare in 1998 gesny. Haar hare is 3,6 meter lank, volgens Newsflare.com.

Linmei het Sondag in Taiyuan met haar lang hare gespog, en talle persone het stilgestaan om daarna kyk.

Volgens ʼn berig in die Daily Mail het Linmei se hare een keer per ongeluk in ʼn hysbak vasgesit. Sy spandeer ook elke dag minstens twee ure om haar hare te was en droog te maak.

Linmei se droom is om haar naam in die Guinness-wêreldboek te sien. Die huidige rekordhouer is Xie Qiuping van China. Sy het in 2004 die rekord opgestel toe Guinness-beoordelaars bevestig het haar hare was 5,627 meter lank. Sy het 31 jaar lank aan haar hare gegroei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ekwilibrium ·

Genade, dink hoe versigtig sy met haar hare moet wees as sy badkamer toe gaan…

Akram ·

Dis besonders lank. Dink net wat die mense wat pruike maak sal betaal vir daai hare.

Alicia ·

Ek en my dogterjie het net weer die naweek Tangled gekyk.
Raponsie lief….. laat sak jou hare asseblief!! – hehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.