Dié vrou het sowaar ʼn kat in die sak gekoop

Vlad soos wat hy sonder sy pels gelyk het (links) en toe sy pels 'n paar dae later uitgegroei het (regs)

Vlad soos wat hy sonder sy pels gelyk het (links) en toe sy pels ‘n paar dae later uitgegroei het (regs)

JoAnne Dyck het meer as R9 700 vir ʼn kat betaal, omdat sy geglo het dis ʼn sfinkskat, totdat sy ontdek het dis net ʼn gewone huiskat wat geskeer is.

Dyck is een van talle persone wat $700 aan die bedrieër in Alberta, Kanada, vir haar kat betaal het. Die persoon verkoop die katte onder die voorwendsel dat dit opregte sfinkskatte is. Die geskeerde katte lyk aanvanklik soos die sfinksras, maar sodra die pels begin uitgroei, is die eienaars geskok om die waarheid uit te vind.

Die bedrieërs pluk die snorbaarde uit en gebruik ʼn skeermes of haarverwyderingsroom op die babakatjies.

“Ek het gedink die katjie huil omdat hy na sy ma verlang, maar hy was waarskynlik in pyn,” het Dyck aan CBC vertel. Die babakatjie, genaamd Vlad, is by Dyck se huis in Red Deer afgelaai. “Dit het soos ʼn sfinkskat gelyk, want hy was baie maer en sy gesiggie baie hoekig.”

Dyck het egter vinnig opgemerk dat die kat ander optree en nie met haar ander sfinkskatte oor die weg kom nie. Sy het Vlad aan ʼn ander vrou verkoop. “Ons het oor die volgende paar dae gereeld gesels, want hy wou nie kalmeer nie. Sy het hom uiteindelik na die veearts geneem waar die waarheid onthul is.”

Vlad is nou in veilige hande en bly by die vrou wat hom van Dyck oorgekoop het.

Dyck beveel aan dat voornemende kopers die plek besoek waar die katte geteel word. “Indien hulle nie wil hê dat jy hul huis moet besoek nie, is dit waarskynlik ʼn slegte teken.”

Bron: CBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CJ ·

Ek dink hierdie mense moet verwolg word. En om n kat se snorbaarde te pluk en verwyderingsroom aan te smeer, gaan mos die pels sensitief maak.
Waar gaan die wereld heen???? Die mensdom breek net af en verwoes en laat onskuldige diertjies die pyn dra.

Rene ·

As dit by geld , ken die men se wreedheid geen perke nie…..

Liza ·

Oooo my magtig moenie laat ek hulle in die hande kry nie! Sal hulle snorbaarde ook uit pluk een vir een!!!

BOLANDER ·

Lisa, ek kan net by voeg. Ek sal dit met ‘n vuur warm “tweaser” uit trek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Liza ·

Ek sal sulke mense iets aandoen, kan jy nou meer, ag vader wat nog. Verseker is daardie mense wreedaardig… hulle kry ook mos seer, nee man kom dan sien julle wat maak ons met julle….

Ancara ·

Alles gaan net oor Mammon (geld,geld,en nog geld).Sulke mense sal enige iets doen net vir geld.Hulle het geen gewete,jammerte en skaamte nie.Net soos die (mense)wat Renosters skiet.Geen verskil by my nie en die diere ly daaronder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.