Die wêreld se oudste paartjie

Foto: Longhorn Village

ʼn Man en vrou van Texas in die VSA, wat saam 211 jaar oud is, is as die oudste paartjie (gesamentlike ouderdom) wêreldwyd aangewys in die Guinness-wêreldrekordboek.

John Henderson (106) en Charlotte (105) van Travis County vier op 15 Desember hul 80ste huweliksherdenking. Die paartjie het in 1939 aan mekaar ewige trou beloof.

Die geheim van ʼn lang en gelukkige huwelik? “Hou altyd matigheid voor oë en wees beleefd teenoor jou huweliksmaat,” het John aan CNN gesê.

Die paartjie het mekaar in 1934 ontmoet toe hulle aan die Universiteit van Texas studeer het. John was deel van die voetbalspan en Charlotte het onderwys studeer.

John is nou die oudste lewende Universiteit van Texas-voetbalspeler en woon minstens een keer per jaar ʼn wedstryd by – iets wat hy al 84 jaar lank doen.

Hulle is nog gesond en John doen nog daagliks oefeninge.

Die egpaar het in 2009 na Longhorn Village verhuis, ʼn tehuis vir bejaardes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maria ·

Sien bewys!!! Lees mooi hou aan OEFENING doen dit hou vir jong van gees. Like baie gee my moed. Baie geluk huiwelik paartjie min so gelukkig..

Marius ·

Ek sal ook hou daarvan om daar te gaan bly maar het nie n ambag of geld nie’sonder dit kan jy maar vergeet om daar te oorleef

boela ·

Wie het gedink “tot die dood ons skei” gaan so lank vat…

Potjie ·

Boela… hahaha jy gee humor in die stram tyd waarin ons lewe. High five!

TB ·

Die man se vrou het hom seker min moeilikheid gegee. Sulke vrou is skaars. Ek sal nooit 106 haal nie.

Marthinus ·

Dit is nou ware seën. 80 jaar getroud. Absoluut fantsties. Hulle lyk albei nog so goed, eerder asof hulle nou in hul 80’s is, nie in hul 100’s nie.

KaterinaKat ·

Hulle lyk ontsettend goed vir hul ouderdom!!! Wow!!!!

leon ·

Hulle se die moeilikste jare van die huwelik is die eerste 50.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.